Daar was permanent 'n kompetisie by fietsloodse, wie vinnigste "50" gehad het.
Ons almal in 1970's het gedroom van mooiste vinnigste "50", wat die "hart" van die skool se meisie "victrix ludorum" sou wen ... Die meisie wat hoofdogter was, met amptelike erekleure in sport, akademie, kultuur en watse boekprys/balkie die skoolraad kon uitdink.
Hoe onnosel en emosioneel onvolwasse was ons nie, al moes ons die jaar na matriek diensplig gaan doen.
Die Suzuki, Honda, Yamaha, Kreidler, Zundapp brigades het ook nie-amptelike toestemming gehad om by fietsloodse te rook ... Kassetspelers met harde rock musiek of Bob Dylan as die aanhanger meer "gesofistikeerd" was.
Love, peace ens op ou seilrugsakke.
SA rolprentmakers kry nooit die ou idees reg nie, want daar was die rykes (dokters, prokureurs ens) se kinders, die mynbestuurders, mynkapteine, skofbase se kinders, die gewone werkers se kinders en dan ons tipe, wat geen status gehad het nie omdat ons net te arm was en na skool moes werk.
Ek wonder wat is regtig standaarde en moreel? Wat is die natuurlike norm? Die een wat geld koop of die een van die sterkste oorleef?
The post Die Zundapp-piskrieke appeared first on LitNet.