My vraag is, wat het van die Europese groot ape geword? Het hul suid getrek tydens laaste Ystydperk? Is die sg moderne mens se ontwikkeling in Ethiopië juis in tydperk van laaste Ystydperk of klimaatsverandering?
Waarom is Europa byna steriele landskappe sonder wildlewe? Of klink migrasie van groot primate uit Europa na Afrika ook na kolonialisasie?
Ek is oortuig dat paleontoloë se teorieë dat mens uit Afrika na Europa migreer het, baie gate het wat migrasie van spesies na Afrika uit Europa ignoreer. Interaksie beteken twee-rigting. Die voorloper van moderne mens moes genetiese geheue gehad het om weer noord te trek, toe klimaatsverandering weer begin het. As die aarde meer 100 groot aapspesies gehad het en net vier oorgebly het, wat het met die 96 ander spesies gebeur? As mense werklik so eners was, waarom was daar meer as een mens spesie? Ek glo dat in die enkele mens-etniese groepe meer fisiese verskille is as wat politieke ideologie weergee met korrektheid.
Ek kry die gevoel dat ons denke vereenvoudig word, veral met God as gevangene in geloofsdogma en hierdie geloofsdogma gevangene skepping as ons skepper.
The post Eenvoud van denke of politieke korrektheid? appeared first on LitNet.