Kook en geniet het geen bekendstelling nodig nie. Dié eg Suid-Afrikaanse kookboek, wat ook die grootste verkoper in ons land se geskiedenis is, kry nuwe lewe en sal vanaf 5 Julie as ’n reeks op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai word.
Ons verwelkom ook vir Lise Swart terug op kykNET as aanbieder van hierdie watertandreeks wat voorgesit word deur die gesoute vervaardiger Riaan Badenhorst (Boerekos) en Blixem Produksies. Lise hou van onopgesmukte, eerlike kos en is van nature nuuskierig. Sy is dus die ideale aanbieder om kykers op hierdie nuwe Kook en geniet-avontuur te vergesel. Sy gaan weekliks by verskillende mense aanklop om resepte en wenke uit dié boek, wat sedert 1951 elke kook-entoesias, sjef en amateurkok met meer as 700 beproefde resepte inspireer. Kykers sal ook vir Eunice en Heleen, die dogters van die bekende Kook en geniet-outeur SJA de Villiers, ontmoet.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Dit is vir kykNET ’n voorreg om dié ikoniese resepteboek se geskiedenis weer nuwe lewe te gee in ’n reeks waar almal die storie van SJA de Villiers kan aanhoor. Lise sien uit daarna om haar kookvernuf op te skerp, aangesien sy nou self ’n Kook en geniet besit.
“Ek is nie ’n voorslag in die kombuis nie. Inteendeel was dit nog altyd vir my ’n duistere wêreld, maar selfs ék besit ’n Kook en geniet wat my ma vir my present gegee het. So in my beperkte kos-kosmos is ek deeglik bewus van hoe bekend en verreikend Kook en geniet is. Om dan nog die persoon te wees wat die storie agter hierdie boek te moet vertel, is niks minder as ’n eer nie. Wat kykers wel na kan uitsien, is hoe ongelooflik SJA de Villiers se storie is!”
Kook en geniet: Woensdae op kykNET, DStv kanaal 144, vanaf 5 Julie 2017.
Klik hier vir ’n voorsmakie van aanbieder Lise Swart agter die skerms tydens verfilming.
Gesels saam:
#KookenGeniet
Facebook: @kyknet @kykNETkie @kykNETNOU
Twitter: @kykNETtv @kykNETNou
Instagram: @kyknettv @kyknetnou
The post Kom kook en geniet op kykNET appeared first on LitNet.