Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Eseltjiesrus se Reuse Boekefees 2017

$
0
0

Eseltjiesrus Reuse Boekefees 19 tot 21 Mei 2017,
Gemeenskapsaal, Voortrekkerstraat, McGregor

Hier is nou ’n buitengewone boekestorie!

Die tiende jaarlikse Reuse Boekefees word Vrydag 19 Mei tot Sondag 21 Mei op McGregor naby Robertson in die Breederiviervallei gehou.

Wat hierdie boekemakietie uniek maak, is dat dit ten bate van gehawende donkies is!

Die sameroeper van die Boekefees, Johan van Zijl, sê dat hulle mense van oraloor verwag. “Almal wat vorige Boekefeeste bygewoon het, sal die wonderlike verskeidenheid boeke en die groot winskope onthou. Die feit dat die totale opbrengs vir die Eseltjiesrus toevlugsoord vir afgeleefde donkies aangewend word, maak die uitstappie nog lekkerder!”

David Kramer, beskermheer van Eseltjiesrus

Vragte vol nuwe en kraakvars tweedehandse boeke kan besigtig en gekoop word en weggeepryse is aan die orde van die dag by hierdie bielie van ’n verkoping. Dit word nie verniet “die grootste enkele boekeverkoping in die Wes-Kaap” genoem nie!

Daar is meer as 12 000 boeke om uit te kies en elke dag word nóg nuwe voorraad bygevoeg. Dus is dit glad nie nodig om al op die eerste dag daar te wees nie! Daar is ook ’n spesiale versameling-afdeling met skaars of buitengewone boeke wat altyd baie aftrek kry.

Die Boekefees bied kinderboeke, geestelike leesstof, fiksie en nie-fiksie, kos - en reisboeke én van alles en nog wat en vind in die munisipale sentrum in Voortrekkerstraat in McGregor plaas.

Eseltjiesrus self is ’n geregistreede liefdadigheids-organisasie wat sowat 5km buite McGregor geleë is en is beslis ’n besoek werd. Al die donkies is uit haglike toestande gered en geniet nou  vir die eerste keer ’n bestaan sonder pyn en ontbering.

Vir meer inligting oor die Boekefees, kontak Eltjiesrus by 023 625 1593 of bookfair@donkeysanctuary.co.za.

Twee nuwe vriende, Anika en Vlekkie

The post Eseltjiesrus se Reuse Boekefees 2017 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>