Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Waarom ek nie vandag gaan betoog nie

$
0
0

7 April 2017

Hoe graag ek ook al ’n meer bekwame en minder korrupte president aan die stuur van sake in Suid-Afrika sal wil hê, en veiliger wil voel in my eie land, kan ek nie sien hoe die verwydering en vervanging van huidige politieke leiers ons land ten beste sal verander tensy die harte, gedagtes en ingesteldheid van die meerderheid wit Suid-Afrikaners, wat so gretig is om vandag te gaan betoog, onherroeplik verander word nie. Ek kan nie, en sal nooit, so vermetel wees om namens die swart meerderheid te praat nie en beslis ook nie namens die wit minderheid nie. Vandag praat ek as ma van ’n dogter wat ek met my hele wese liefhet en wie se pynlike ervarings elke keer soos weerlig deur my liggaam slaan. Ek gaan daarom nie betoog nie:

  • Terwyl vreemdelinge en nie-so-vreemdelinge my dogter oordeel en stereotipeer, nie oor haar skoonheid, intelligensie en wonderlike skerp humorsin nie, maar oor die kleur van haar vel.
  • Terwyl sommige familielede en vriende aanhou om te verwys na “ons” en “hulle” of wat skokkend stereotipiese aanmerkings maak oor “die swartes” voor my dogter of in haar afwesigheid.
  • Terwyl te veel vriende en kennisse nie ’n geheim daarvan maak dat die betoging vir hulle ’n aanval is teen die “swart” president en sy “swart” regering nie, terwyl hulle sommer nog ’n paar rassistiese neerhalende woorde gebruik om “hulle” te beskryf.
  • Terwyl ’n wit vriendin spog daarmee dat sy van die werk gaan wegbly om te betoog en dan in dieselfde gesprek kla omdat haar huishulp (wat 3 km ver loop om by die werk te kom) 15 minute laat was vanoggend.
  • Terwyl swart vriende wat hulle dogter universiteit toe wou stuur, op meer as een advertensie vir verblyf reageer, net om te hoor die kamers is reeds geneem, maar as ek bel, word ek gevra of ek “die kamers wil besigtig, want dit is nog beskikbaar”.
  • Terwyl, soortgelyk, kennisse ’n huis op die platteland wil koop, en herhaaldelik vertel word die huise is reeds van die mark af, maar as ’n wit vriendin bel, word sy ingelig dat die huise steeds beskikbaar is.
  • Terwyl mense dink dit is skreeusnaaks as ’n 12-jarige vriendjie van ons die hartverskeurende stelling maak dat hy nie saam met sy wit maats oor ’n muur wil klim as deel van ’n speletjie nie, want hy “is swart en mense sal dink hy’s ’n skelm”.
  • Terwyl wit akademiese vriende selfies van hulleself op Facebook plaas om te spog oor hulle deelname aan anti-Zuma-betogings, maar nie ’n woord gesê het in die sosiale media oor die rassistiese aaklighede wat deur hulle eie studente uitgewys is in die “Luister”-video nie, of erger nog, dat hierdie vriende die aanmerkings afgemaak het met “hulle sal altyd kla en slagoffer speel”.
  • Terwyl my dogter baie kortaf en ongeskik deur ’n winkelassistent gevra word “Wat wil jy hê?!” en agtervolg word in die winkel sonder om enige hulp te ontvang, maar minute later word ’n blonde tiener van dieselfde ouderdom toegegooi met aandag en hulp met haar inkopiekeuses.
  • Terwyl ’n swart vriendin ure lank in ’n staatshospitaal sit en wag sodat haar 4-jarige dogtertjie behandeling kan ontvang, sonder om betaal te word vir die dag wat sy van die werk moes afneem, en ’n pasiënt in die privaatdokter se spreekkamer ’n vloermoer gooi omdat afsprake 10 minute agtergeraak het en hy laat gaan wees vir sy fliek.
  • Terwyl ons kinders se skole Valentynsdag met fanfare vier, en Menseregtedag en Jeugdag en die betekenisvolheid van hierdie dae totaal en al geïgnoreer word.
  • Terwyl, ter wille van “spangees” by ’n sportwedstryd, my dogter gedwing word om ’n haarstyl te dra wat glad nie van pas is vir haar tipe hare nie en dus baie angstigheid veroorsaak.
  • Terwyl twee jong kinders van vriende baie opgewonde is omdat hulle op ’n nuwe dorp uitgenooi word na ’n kinderpartytjie, maar hulle ma dan twee dae later ingelig word dat hulle ongelukkig nie meer welkom is nie, want die gasvrou “het nie geweet hulle is swart nie” en die ma dan in trane wonder hoe om dit aan haar 6- en 8-jariges te verduidelik.
  • Terwyl my pragtige langbeendogter vooruit loop om ’n tafel te kry in ’n “familievriendelike” restaurant, maar heeltemal geïgnoreer word, terwyl die bestuurder en personeel ons toesak toe ons, wit ouer en ’n vriend, ’n paar sekondes later opdaag.
  • Terwyl biblioteke en boekwinkels se rakke kreun onder boeke vir tieners en jong volwassenes in Afrikaans en Engels, maar nie ’n enkele skets of foto van ’n gesig op enige van die boekvoorblaaie my dogter of die res van die meerderheid van Suid-Afrika verteenwoordig nie, en mense steeds volhou met die idee dat “white privilege” ’n mite is.
  • Terwyl ons, en dit sluit myself in, nie twee keer dink oor twee gehawende wit jong mans wat vroegaand in ons byna uitsluitlik wit buurt rondloop nie, maar weet dat ons agterdogtig sal wees indien dit twee swart jong mans sou wees, gehawend of nie.
  • Terwyl, met of sonder rommelstatus, ’n deel van Suid-Afrika al klaend voortgaan met ’n dubbelverdieping-luukse-motor-oorsese-vakansie-bestaan, terwyl die meerderheid Suid-Afrikaners nie die lig aan die einde van die rommeltonnel sien waarin hulle lewe nie.
  • Terwyl ek self nog ’n lang pad moet loop om verby my eie wit bevoorregting te kyk, om die lewe nie net deur my eie oë nie, maar ook deur my dogter se oë te sien. En deur die oë van die meerderheid van ons land wat almal deur dieselfde God geskape is, en wat elkeen ’n waardevolle stukkie is van die demokrasie-legkaart hier aan die suidpunt van Afrika.

The post Waarom ek nie vandag gaan betoog nie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>