Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Ai ons wittes darem

$
0
0

Ek lees Jaco se brief oor die wit vloek in Suid Afrika met gemengde gevoelens. Ek dink ek verstaan die wittes se rol in die land. Ons kan nie in isolasie leef nie en ons as wittes en Afrikaners moet onsself in die land laat geld. Ons het baie om te bied en word tans deur wetgewings gekortwiek, maar sien dit eerder as 'n uitdaging as stremming.
Ek sien toevallig vanoggend op 'n TV-program pryse wat aan twee anderskleurige dames oorhandig is. Dit is toevallig 'n wit maatskappy. Jy kan seker nou derms rek en uitryg oor die geskiedenis en wat agter die skerm gebeur ens ens.

Ek mag verkeerd wees en sal groot askies vra indien ek verkeerd is. Ek het nog nie op TV of in koerante gesien waar 'n witte deur 'n anderskleurige organisasie 'n prys vir gemeenskapsdiens of enige ander diens op nasionale TV of in die pers erkenning gegee is nie. Waarmee is ons besig. Is dit "window dressing" of wat ook al mens dit kan noem. Ek stem saam, ploeg terug, doen opheffing in die gemeenskap, en verleen 'n helpende hand. Onthou egter daar is onder alle gemeenskappe behoeftiges en agtergeblewenes.

Na alles wat daar vir die gemeenskappe gedoen word, is daar nog steeds die wat skree teen die witte.
Wat sal gedoen word as daar bv 'n wit prokureursorde of wit kamer van koophandel gestig word, waar die lidmaatskap eksklusief vir wittes reserveer is? Probeer bietjie as witte by die Black Lawyers Association aansluit.
Ek weet net nie dat ek dit gelate moet aanvaar ons is soos Jaco sê die wit vloek in Suid Afrika nie. Ons is die wit pes.

Reusedwerg

The post Ai ons wittes darem appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!