Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Afrikaans by Maties

$
0
0

marie240Ek stem hartroerend saam met die skrywe van Johann Rossouw. Ja, ek is een van die “en ander” wat saam met Hermann Giliomee die dood in die pot vir Afrikaans by Maties voorspel het. In Die Burger van 23 Des 2011, (ondermeer), het ek die kernbevindings van wêreldwye navorsing rondom die kritieke belangrikheid van moedertaalonderrig uiteengesit. Ook verwys na die werk van die sosiolinguis Jean la Ponce wat konstateer dat ’n dominante taal (een met aansien weens ekonomiese en politieke mag) noodwendig ’n taal met mindere mag in ‘n kwansuis tweetalige situasie sal uitrangeer. En hier is ons nou.

As Engels skielik die enigste onderrigtaal gaan word, dan sal daar al hoe meer studente wees wat in klasse sit waar sowel hulle self as die dosent in hul tweedetaal kommunikeer. En wat gebeur as verduidelikings gedoen word deur ’n dosent in ’n taal wat hy/sy nie baie goed bemeester nie, aan studente wat ook nie die betrokke taal goed bemeester nie? Wat ons hier mee te doen het, is seinteorie: As die sender 0,7 doeltreffend is en die ontvanger is 0,7 doeltreffend, dan is die werklike seinoordrag die produk van die twee, nl 0,49 en dis minder as die helfte.

Veels geluk, mnr die Rektor, met hierdie voorgestelde beleid sal u dus verseker dat al hoe groter getalle studente katastrofaal gaan misluk. En watter studente dink u gaan dit wees? Wie se Engels is beter, ryk wittes of arm bruines s’n? Wie gaan deur die nuwe taalbeleid uitgesluit word? Dink u? Julle mak etikus moet aan ons verduidelik hoe hierdie optrede enige denkbare morele toets kan slaag.

like_litnet_op_facebookGroete. Nie hoogagtend nie.
Marié Heese

The post Afrikaans by Maties appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>