Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende Afrikaanse resensies het in Maart in die Afrikaanse dagblaaie (Boeke24), onder redaksie van Jo Prins, verskyn:
Vrydag 3 Maart
Saterdag 4 Maart 2017
Maandag 6 Maart
- Skrywer-mesgooier pak gewigtige temas
Jonathan Amid resenseer Irma Venter se Sirkus. - Ontslape Rust se laaste roman
Helen Schöer resenseer Katryn deur Winnie Rust. - Hart nie ‘klotsel bloed in pypies’
Ronel Nel resenseer Vat jou hele hart deur Elkarien Fourie.
7 Maart (Woordfees)
8 Maart (Woordfees)
- Die lewe is toevallig . . . en ’n wonder – John Miles
Jo Prins, storie + video - Ryk, die coolste Kiwi in die dorp
Le Roux Schoeman oor Huilboek. Storie + video - Breyten wen internasionale literêre prys
10 Maart (Woordfees)
Maandag 13 Maart
- Volgehoue ode aan die Franse stad van liefde
Schalk Schoombie resenseer Misverstand deur Marita van der Vyver. - Dit kan jou lewe verander
Koos Kombuis beloer God praat Afrikaans deur HemelBesem. - Die onverdunde genot van ’n boekhandelaar
Boekevat-rubriek deur Louis Esterhuizen.
Maandag 20 Maart
- ’n Merkwaardige man kom uit die verf>
Fransjohan Pretorius resenseer Jan Smuts: Afrikaner sonder grense deur Richard Steyn. - Speurder los sake sommer maklik op
Cornelia de Kock beloer die Speurder Kwaaikofski-fenomeen deur Jürgen Banscherus.
20 Maart (nie op boekblad nie, maar was in Beeld se By)
Maandag 27 Maart
- Allesbehalwe as in jou mond ná dié kragtoer
Frederick Botha resenseer Nicole Jaekel Strauss se kortverhaalbundel As in die mond. - Die kronkelpaaie van Nadia
Lucia Swart-Walters kyk na Nadia: Paaie van hoop deur Nadia Beukes met Jana van der Merwe
Woensdag 29 Maart
Donderdag 30 Maart
- Antjie Krog wen Hertzogprys
Nuusstorie oor die jongste Akademiepryse vir letterkunde - SA boeke word fluks in die buiteland versprei
Die Groot Ontbyt
Dia van Staden het in Maart die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
Dinsdag 7 Maart
- Watter kleur is jou persoonlikheid – Lynette Beer
- Die Banting-sakgids – Tim Noakes
- Do you want to slim – Dr Kobus Neethling en Raché Rutherford
- Megaboere – Wynand Dreyer
Dinsdag 14 Maart
- English Dictionaries for SA Schools
- Afrikanerjoernaal – JC Steyn
- Jakkals en wolf wil trou – Wendy Maartens
- Die olifantjie wat aan die slaap wou raak
Dinsdag 21 Maart
- Nadia – Nadia Beukes
- Sirkus – Irma Venter
- Eindspel – Wilna Adriaanse
- Jagveld – Deon Meyer
Dinsdag 28 Maart
- In die lig van Sy genade – Jimi le Roux
- Pelgrimshoop – Ronel Nel
- Web – Naomi Meyer
- Insektopedie – Erik Holm
Flits
Flits is ’n weeklikse joernaalprogram oor kuns, kultuur, mode, sosiale gebeure en vermaak, aangebied deur Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie op kykNET (DStv-kanaal 144). Daar word in dié program ook gereeld gesprekke met skrywers uitgesaai.
In Maart was daar op Flits onderhoude met:
Marita van der Vyver oor haar jongste roman, Misverstand:
HemelBesem oor sy memoir, God praat Afrikaans:
In die bed met Bibi
Bibi Slippers se boekprogram, In die bed met Bibi, het in Maart op VIA TV (DStv-kanaal 147) hervat.
Bibi het gesels met:
In haar reeks gesprekke met bekendes oor wat hulle lees, het sy gesels met:
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies het in Maart op LitNet verskyn:
Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans
Marike van der Watt “Oorlog en terpentyn: ’n boeiende en aandoenlike verhaal – ’n kosbare altaarstuk vir ’n oupa.” |
LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus
Gerda Odendaal "Kaaps in fokus gaan ten slotte oor mense, want '[d]ie soppangheid van Kaaps is in die laaste instansie nie net ’n linguistiese kwessie nie, maar wesenlik een van die waardigheid van alle sprekers van Afrikaans' (Willemse, 81). En dit is juis hierdie kenmerk van Kaaps in fokus wat dit so ’n tydige en relevante publikasie maak." |
Web deur Naomi Meyer, ’n resensie
Deborah Steinmair "In ’n lesersmark met voortreflike misdaadfiksie transendeer hierdie boek die genre: dis heelwat meer as misdaad, terwyl dit al die elemente het om misdaadvrate te versadig." |
Die Chacma-ekspedisie deur Marius Ackermann, ’n resensie
AJ Opperman "Die lees van Die Chacma-ekspedisie laat ’n mens soms wonder of jy vandag se koerant vashou of ’n geskiedenishandboek. Daar is soveel moontlike goed wat jy hierin kan lees." |
Misverstand deur Marita van der Vyver, ’n resensie
Yolanda Wessels "Soos met haar ander boeke, het ek ál meer begin uitstel om voort te snel namate ek hoofstuk 23 genader het. Want dan is nog ’n Marita-kunswerk voltooi. Nog een wat ek nie weer vir die eerste maal kan lees nie." |
Sulamiet deur Lina Spies, ’n resensie
Heilna du Plooy "Lina Spies se poësie was nog altyd belydend en meditatief; dit was nog altyd persoonlik gekleur en mild verwoord; dit is poësie van ’n sagte stem, van inlewing meer as deklarasie, van nadenke en vraagstelling meer as van ontmaskering en geveg." |
In die laksman se skoot deur Chris Marnewick, ’n resensie
Johan Smith "In die laksman se skoot laat baie stof tot nadenke. Die mense wat gereeld vra dat die regering die doodstraf moet terugbring, sal twee keer dink ná die lees van die verhaal." |
Die Herero-opstand 1904–1907 deur Gerhardus Pool, ’n resensie
Gunther Pakendorf "Dit was weliswaar ’n deeglike stuk navorsing wat nog tien jaar ná sy publikasie deur ’n Duitse studie oor dieselfde onderwerp vir sy bruikbaarheid as ’n onpartydige weergawe geloof is." |
Hanna deur Maretha Maartens: ’n resensie
Riette Rust "En hoe prikkelend word die roman nie ingelei nie: 'Peninna kyk op en haar gesigsuitdrukking verander.' Dis wat Maretha Maartens se Hanna waarskynlik ook aan lesers sal doen." |
Ons kom van vêr: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Gunther Pakendorf "Ons weet dat taal, enige lewende taal, aan ’n gedurige verandering onderworpe is; dat dit, om met Bakhtin te praat, in sy wese 'karnavalesk' is, bont en middelpuntvliedend aan die beweeg, sonder te veel bekommernis oor reëls en voorskrifte." |
Syferfontein deur Cas Wepener: ’n FMR-resensie
Danie Botha Danie Botha resenseer Syferfontein deur Cas Wepener. Hierdie resensie is oorspronklik op Fine Music Radio uitgesaai. |
Nomme 20 Delphistraat deur Shirmoney Rhode: ’n resensie
Gunther Pakendorf "Hierdie beskeie bundel met sy 25-tal gedigte dra die goeie nuus van ’n nuwe stem uit die Kaapse Vlakte. Shirmoney Rhode behoort tot die sogenaamde millennariërgenerasie en haar gedigte praat ’n annerste soort taal." |
Katryn deur Winnie Rust: ’n resensie
Suzette Kotzé-Myburgh "Sy kon onder haar karakters se vel inklim en vanuit hulle harte praat. Sy kon lesers ontroer, soos wat ook haar eie maatstaf vir haar skryfwerk was: dat dit moet gaan oor dinge wat haar ontroer." |
Daar is ook verskeie onderhoude met skrywers gedurende Maart op LitNet geplaas:
- Misverstand – ’n gesprek met Marita van der Vyver
Marita van der Vyver, Naomi Meyer - Syferfontein, ’n onderhoud
Cas Wepener, Trisa Hugo - Vat jou hele hart deur Elkarien Fourie: ’n onderhoud
Elkarien Fourie, Naomi Meyer - Sirkus deur Irma Venter: ’n onderhoud
Irma Venter, Naomi Meyer - As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss: ’n onderhoud
Nicole Jaekel Strauss, Naomi Meyer
Rapport Weekliks
Die volgende resensies het in Maart in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:
Sondag 5 Maart
Sondag 12 Maart
- Eksklusiewe uittreksel uit As in die mond
- Eindspel – Wilna Adriaanse
- Hermann Giliomee – Historikus: ’n Outobiografie
- Kinderboeke
Sondag 19 Maart
Sondag 26 Maart
- Misverstand – Marita van der Vyver
- Die VOC aan die Kaap 1652-1795
- Briewe uit die Tankwa
- KKNK-boekgesprekke
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 1 Maart 2017
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Gerhard Scholtz oor sy roman, Lig wankelend. Kobus Burger vertel meer oor die RSG Kunstefees-drama Engel met 'n hamer, wat nou in boekvorm beskikbaar is. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.
Woensdag 8 Maart 2017
Ilse Salzwedel gesels met Elna van der Merwe oor die Afrikaanse vertaling van Sink, die roman deur Brett Michael-Innes. Johan Myburg gesels met Stefan Hertmans oor sy roman Oorlog en Terpentyn, in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo. Johan Myburg gesels ook oor die internasionale letterkunde.
Woensdag 15 Maart 2017
Ilse Salzwedel gesels met Bernard Odendaal oor sy bundel rubrieke en essays, Woorde hul storie sien ken. En Johan Myburg gesels oor wetenswaardighede uit die internasionale letterkunde.
Woensdag 22 Maart 2017
Ilse Salzwedel gesels met Marita van der Vyver oor haar nuwe roman, Misverstand.
Woensdag 29 Maart 2017
Ilse Salzwedel gesels met Isa Konrad oor haar werk. Luister ook na die inspirerende verhaal van John en Gail Nicholson van Lavender Hill, wat met 'n boekprojek 'n groot verskil in hulle gemeenskap maak. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 7 Maart 2017
Margot Luyt, Bernard Odendaal en Johann Nel lees verse oor droogte.
Dinsdag 14 Maart 2017
Daniel Hugo vertel van sy liefde vir Persiese kwatryne, en lees 'n paar voor van onder andere DJ Opperman en Ina Rousseau.
Dinsdag 21 Maart 2017
Dean John Smith lees verse uit Nathan Tantraal se bundel Alles het niet kom wôd.
Dinsdag 28 Maart 2017
Ronel Geldenhuys lees verse van jong vrouedigters.
Versindaba
In Maart het nuwe resensies van die volgende digbundels op die Versindaba-webblad verskyn:
- Alles het niet kom wôd – Nathan Trantraal
- Voor ek my kom kry – Pirow Bekker
- Daar was ook ’n onderhoud met Pirow Bekker oor sy jongste digbundel
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Maart die volgende boeke bespreek:
6 Maart
13 Maart
- Die helder oomblik deur Johan & Ria Smuts, en Arsenaal van klank – Anna Enquist (gedigte uit Nederlands vertaal deur Zandra Bezuidenhout)
21 Maart
27 Maart
The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2017 appeared first on LitNet.