Pêrel
Tussen blou borrels en goue korrels,
soek ek deur vlak branders na jou.
Ek duikel en struikel deur hierdie waterwoud
tot ek my weg vind en benede na jou toe sink.
Ek kruip diep in jou krop
en so word my woning hierdie seedier-dop.
Hier groei ek veilig, knus en koel
terwyl troeteldiertjies en seeplant-tuintjies rondom my spoel.
Tuis is ek in my sandkasteel
tot hulle begin grou vir die ronde juweel.
Uiteindelik word ek gebore en oorgegee
aan ʼn nuwe skulpbeursie ver bo die see.
Van Hom tot Haar word ek geliefkoos, gekoester.
Van hand tot hals vergeet ek my oester.
My finale rusplek – ʼn warm huid
en so versier ek ʼn beminde bruid.
Soeke. Seerkry. Ontdekking. Geluk –
my tuiste, my heelal, waar ook al
jy my sal vind.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Pêrel appeared first on LitNet.