Elke huis het sy kruis
Elke huis het sy kruis
Eie pyn, verdriet, gemors
Smeking, hartseer, soeke, dors
Elkeen veg maar vir sy plekkie in die son
Dra sy eie laste rond
Verberg ons seerkry agter maskers van gedwonge lag
Niemand ken ’n ander een se smart
Geheime opgesluit in elke hart
Elkeen veg maar vir sy plekkie in die son
Dra sy eie laste rond
Verberg ons seerkry agter maskers van gedwonge lag
Niemand ken ’n ander een se smart
Geheime opgesluit in elke hart
As muur en deur en dak kon praat
Was elke mens se storie of verhaal
Ontbloot op elke plek, op hoek en straat
Het elke mens ’n stormtyd
Met elke huis sy eie stryd
Andries se boom (Vir my pa Andries)
Andries het ’n boom geplant
so effens aan die pad se kant
deur kindervoetjies uitgeklim
soms blare uit hul plek gerim
dog baie vreugdes laat ontstaan
het mense dag na dag gekom en gaan
soms vroeg tot laat net daar gesit
afgemat en uitgeput
’n huis het dit vir die kom word
wat daar ’n traan of twee wou stort|
’n plek waar almal rus kon vind
’n lafenis teen reën en wind
het woorde teen hom swaar geleen
teen boom en tak met pyn geween
sy krom gekneusde takke onder jou
het soms geknak en ingevou
herinneringe vasgelê
vir jare te onthou was niemand nog soos hierdie boom oor jare heen getrou
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Marion Philander se inskrywings appeared first on LitNet.