Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21983

Huis, woning, tuiste: My huis is by jou

$
0
0

My huis is by jou

My huis is by jou
’n skakering van blou.

Nie grou soos klip of geesteloos
soos die lug op ’n wolklose somersdag nie.
Ook nie vlak en uitgewas soos waterverf of troebel
en grys soos die see wanneer dit reën nie.

Donkerblou. Freneties soos die morsekode 
van Van Gogh se sterrenag.
Diep en suiwer. Soos die koningsblou wat ’n kring om jou iris trek.
Koorsig soos ’n passieblom, saffierblou 
soos die nag wat om ons vou.

My huis is by jou. 'n Lewe vol onthou.
Ek vind kalmte in die bekendheid van jou hemelblou oë.
Sag en koel soos ’n helder rotspoel 
waar anemoon en wier
oor die jare ’n sagte rusplek van fluweel gemaak het.  

My huis is blou
’n skakering van jou.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: My huis is by jou appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21983


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>