Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21146

Geo-politieke denkmodel al 70 jaar oud?

$
0
0

Karl Haushofer was as afgetrede akademikus-soldaat, Hitler se geo-politieke adviseur. Hitler het die idee gesteel van lebensraum van 'n ander skrywer. Basies moes Haushofer 'n internasionale beleid opstel, waarbinne lebensraum die belange van sg etniese Duitsers moes bevorder.

Lebensraum was eintlik net 'n hersiene weergawe van die keiser era kolonialisme. Hiervolgens was etniese amalgamasie noodsaaklik vir die staat se groei en vooruitgang en was etnosentrisme 'n bedreiging van lebensraum. 

Die omvattende geo-politieke denkmodel van Weste vs Wêreldkontinent, het na Wêreldkontinent verwys in onderafdelings bv Europese nuwe order/EU. Eurasië/Rusland, China, ens. (BRICS)! Dan was die laagste op order die Afro-Europese groep, dink aan Afro-American ... Tans verwys massa media tog so geredelik na Weste vs Wêreldkontinent geo-politieke denkmodel,  maar noem Nazis en jy is rassis! Daar is soveel ongegronde fobies in sg post moderne politiek, wat eintlik niks anders as retro politiek is nie.

Feit is, die Nazis het Xenokrasie gedryf as hul politieke model en dit was net ’n spieëlbeeld van die Anglo-Amerikaanse na WO1 model. So, 100 jaar later en niks is polities meer modern nie. Obama se buitelandse beleid was baie geskoei op Haushofer se geo-politieke denkmodel. 

As jy Obama-regime se buitelandse beleid oordeel volgens:

Sosiaal 

Ekonomies

Polities

Militêr

Die hoofstroommedia is aangewese op sg akademici, met beperkte kennis oor SA en wêreldgeskiedenis, wat bepaalde gevolge gehad het, wat 100 jaar later nog politieke fobies is. 

Bv in 1917 het Britse kolonialiseerder die berugte LANDS ACT vir onteiening gepromulgeer, 100 jaar later praat ANC regering weer oor retro Lands Act, vir regstel-onteiening? 

In 1958 het Assad se pa as jongman die VSA op hul baadjie gegee in Sirië. Toe het Soviet-unie Assad Snr gehelp, sedertdien het Russe permanente vlootbasis in Sirië gehad. Waaroor gaan dit? Die CIA het toe en nou oorlog begin vir die olie-pyplyn vanaf Irak, via Sirië na die Middellandse see. 

Dalk goeie ding om paar maande af te vat van brief skryf en te lees?

Groete 

Hans Richardt 

 

The post Geo-politieke denkmodel al 70 jaar oud? appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21146

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!