Marokkaans in Amsterdam. By die Woordfees
As Marrokaans-gebore Nederlander het Abdelkader Benali en sy vrou Saida Nadi hul kennis van speseryryke Marokkaanse kos gedeel.

Susina Jooste van The Private Hotel School stel chefs Abdelkader en Saida voor.

Abdelkader verduidelik van egte Marokkaanse cous-cous. Hy sê sy demotyd hier is 'n uur. Maar regte goeie cous-cous verg ten minste 12 uur se voorbereiding. Eish ...

As jy nie daar was nie, dis alles in dié boek, Casa Benali.
Ryk Hattingh is terug!
Ryk was nog altyd ryk aan inhoud en woorde. Desjare was dit dinge soos Vrye Weekblad en Loslyf, maar toe gaan word hy 'n skoenmaker in Kiwiland. Na 19 jaar het hy kom praat oor sy uiteindelike jongste boek Huilboek. Lees die volledige storie HIER.

Ryk lees voor.

Jana Cilliers ...

... lees huilmooi voor.
Terug by die Bloekomhoek ...

Arno Carstens unplugged.

Tog wel met trompetgeskel.
En pad-af tot by die Drostdy-teater
Geregtigheid en die waarheid. Sophia Kapp gesels met Ronel Nel en Hans du Plessis oor hul lekkerlees-skrywes wat wel morele kwessies aanspreek.

Hulle skryf so goed, want hulle praat so goed ...

Hans du Plessis, skrywer van Tussen die klippe.

Ronel Nel gesels oor haar Pelgrimshoop.
The post US Woordfees 2017: Fotoalbum 4 appeared first on LitNet.