ek soek jou
in die glans van 'n dubbelreënboog na reën
ek soek jou
in geskarrel van die rysmier voor die storm
ek soek jou
in die warreldraai van herfsblare in die wind
ek soek jou
tussen feetjies wat slegs in kleuterverse dans
ek soek jou
in klokkies wat hoog hang aan 'n silwer maan
ek soek jou
in groen neon-skyn op middagnagbranders
as ek my plaashek mismoedig agter my trek
kom jou brief aangevlieg in 'n swartkraai se bek …
The post Ek soek jou appeared first on LitNet.