Almal weet dit teen hierdie tyd tog seker al dat ’n maansverduistering na middernag op Maandag 28 September sal plaasvind. So een en ander oor dié verskynsel.
Die maan wentel 1 keer elke 27.3 dae in ’n elliptiese baan van Wes na Oos om die aarde waarvan die naaste punt aan die aarde (perihelion) ± 356 400 km en die verste punt (aphelion) ± 406 700 km is. Tydens die komende verduistering sal die afstand tussen die maan en die aarde 356 877 km wees.
Tydens ’n maansverduistering, wat natuurlik net tydens volmaan kan voorkom, beweeg die maan deur die skaduwee van die aarde. (Wanneer die aarde ’n maansverduistering beleef sal daar altyd op die maan ’n sonsverduistering ervaar word.) Die aarde se skaduwee bestaan uit die umbra en die penumbra soos in die skets aangedui. Indien Neil Armstrong op die maan in die umbra van die aarde se skaduwee sou staan sou hy ’n totale sonsverduistering waargeneem het en in die penumbra, slegs ’n gedeeltelike sonsverduistering.
Die aarde se atmosfeer word besoedel deur stof en ander partikels. Veral na vulkaniese aktiwiteite is die atmosfeer baie vuil en die son se strale wat deur die atmosfeer skyn word daardeur verkleur en buig hierdie gekleurde strale in die umbra wat dan ’n dramatiese rooi effek op die oppervlakte van die maan tot gevolg het.
In die voorstelling dui ek van die fases met tussenposes van 30 minute aan.
’n Maansverduistering deur al die fases, (eerste tot laaste kontak) duur ongeveer tussen 3 en 4 uur. Afgesien van ’n totale verduistering vind daar soms ’n gedeeltelike verduistering of indien die verduisterings tydens aphelion plaasvind, ’n ringsverduistering, plaas.
Panda
The post Maansverduistering appeared first on LitNet.