Die mure van my huis
Die mure
van my huis
staan bars
sandsteensterk
spoelklip gepleister
met klei
en gruis
en grint
Binne bloei
roespapawers
binne pols
die vlieswand
van ’n oker
klont bloed
te bros
te broos
Maar die mure
van my huis
staan bars
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Die mure van my huis appeared first on LitNet.