Ek mis jou, Huis
jy met die verstaan
wie ek is
en waar my wortels lê
jy wat my hart het:
in die natuur
en kosmaakgiere
jy wat stil is
terwyl ek groei
(in jou moederskoot)
tot volwaardige man
die subtiele vrees
in jou oë
tydelik vergete
jy wat my laat gaan
my vlerke gee
terwyl jou hart treur
Afrika-Huis
Ek mis jou
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Ek mis jou, Huis appeared first on LitNet.