Middernagtuiste
In die middernagure ruik ek tee en tabak
in die donker sitkamer sit jy stil en dink;
sigaret vasgeknyp, dun vingers, rooi naellak
terwyl jou hart al dieper sink.
In die gang sluip ek suutjies nader
en loer versigtig om die muur
jy praat met onse Vader,
roep na Hom in jou donkerste uur.
Agter die muur kruip ek weg,
tjoepstil sit ek en luister
Jy weet nie ek is daar nie, fluister:
"Here, neem my, ek is reg."
Na jare voel my hart teen middernag tuis,
in die sitkamer met my tee en sigaret,
bittersoet herinneringe uit my hart se kluis:
die Here het jou kom red.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Middernagtuiste appeared first on LitNet.