Al is Afrikaans is ’n jong taal, is dit besonder ryk aan poësie. Boerneef (Izak van der Merwe) en C Louis Leipoldt vorm deel van ’n groep skrywers en digters uit die hartland van die Karoo, en die toonsettings wat in hierdie konsert gebruik word, word omlyn deur die spreektaal van digters wat grootgeword het in die Hantam, Bokkeveld en die Sederberge.
Die tydperk 1960 tot die laat 80's was besonders in Stellenbosch en die US Konservatorium se geskiedenis – in dié tyd was daar ’n groep komponiste op die ’Bos wat Afrikaanse musiek verryk het met toonsettings van die wonderlikste Afrikaanse verse.
Arnold van Wyk, Hubert du Plessis en Pieter de Villiers het die Afrikaanse kunslied en koormusiek onherroeplik verander met musiek en taal wat aan die hart gryp.
In die vroeë 90's het Hendrik Hofmeyr teruggekeer van selfopgelegde ballingskap en as dosent aan die Konservatorium sy stem by die uitgelese geselskap gevoeg. Hendrik is tans professor in komposisie by die Universiteit Kaapstad en is ’n vooraanstaande internasionaal erkende komponis.
Hierdie is ’n konsert waar die “soetste taal” inderdaad “uithaal en wys”!
Deelnemers:
Kaapstad Camerata onder leiding van Leon Starker. Die Camerata bestaan uit: Elsabe Richter, Madri Gerber, Lente Louw, Marcelle Steinmetz, Vasti Knoesen, Ruthette du Toit, Damian Newell, Hayden McGregor, Kyle Rother, Adrian More, Barend van der Westhuizen, Ben la Grange, Loekie la Grange en Keaton Manwaring
Lys van liedere wat gesing gaan word:
- Pieter de Villiers - Twee Boerneef-toonsettings.
- Die berggans het ’n veer laat val
- Aandblom is ’n witblom
- Arnold van Wyk – “Die Ou Paradys” (’n siklus van C Louis Leipoldt-verse.)
- Toeral loeral la
- Ek sing van die wind
- Daar kom ’n weerklank oor die veld
- Eis van die vonk wat spartel
- Kom gee vir my polfyntjie
- Sekretarisvoël
- ’n Handvol gruis uit die Hantam
- Op my ou ramkietjie
- Boggom en Voertsek
- Hubert du Plessis – ’n Boerneef-toonsetting
- Hoe stil kan dit word as Sedoos gaan lê
- Hendrik Hofmeyr – “Liederwysgesange (Drie Boerneeftoonsettings vir gemengde koor en klavier.)”
- Hê jy raad vir Maandagmôre
- Sononder en die lug is pranasgeel
- Perskegeel en perskerooi
- Pieter de Villiers – “Boerneef sing Palissandertaal” (’n Siklus van Boerneef- toonsettings)
- Sing nou ’n stukkie in jou enigheid
- Jou woord jou woord jou dessit woord
- Dis skuins voor 12 op Oujaarsaand
- Op die damwal ’n prag van ’n sandsteenmuur
- Jou handmusiek is te baldarig
- Ek sal vir jou annieslaap maaksing
- Selfs nie die nooit volprese doloswoord
- Sononner was die ene karmosyn
- Hendrik Hofmeyr – “Spokewals” (’n Kombinasie van twee Boerneef-gedigte)
The post Boerneef sing Palissandertaal by US Woordfees 2017 appeared first on LitNet.