Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Bybel in Kaaps: Psalm 49

$
0
0

Psalm 49
Virrie musiekleier. Vannie Koragiete. ’n Psalm

1 Luiste na die, amal van julle;
luiste, amal wat in die wêreld in bly,

2 elke ene, sonner uitsonnering,
ryk en arm.

3 My mond gan woorde van wysheid praat;
die meditasie van my hart sal jou maak vestaan.

4 Ek gat my oor draai na die wysheid toe
en terwyl ek oppie lier speel, wil ekkie geheimenis veklaar:

5 Hoekô moet ek bang wies wanne die moeilike dae kom,
wanne dwase bedrieërs om my staan

6 die mense wie in hulle besittings vetrou
en wie brêk oo hulle grote rykdom?

7 Niemand kannie liewe van ’n anne loskoepie,
of vi God ’n losprys vi hom betaalie,

8 die losprys vi ’n liewe is te duur,
wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wiesie

9 soedat hy vi altyd kan liewe
en nooit sal vegaan nie.

10 Wan amal kan mos sien dattie wyse mense dood gan,
die dwase en sotte hulle dood oek,
en laat hulle besittings agte vi anne mense.

11 Die graf is vi iewig en altyd hulle huis,
van geslag tot geslag is dit vi iewig hulle woning,
selfs al het hulle op ’n tyd grond op hulle naam gehad.

12 Mense, al het hulle klomp besittings, liewe nie vi altytie;
hulle is soesie diere wat vegaan.

13 Dit is oekie lot vannie mense wat op hulleself staatmaak,
en dié wat hulle volg en saamstem met wat hulle sê.

14 Hulle is soes skape en sal oek doodgan;
dood sal hulle wagte wies.
Sonne alles gan hulle die graf in;
innie dood in vedwyn alles wat hulle op staat gemaakit;
vi hulle bestaanitie meerie

15 maar God sal vi my loskoep uitie dood uit;
ek sal aan Hom behoort.

16 Moetie jou daaoor steer as anners ryk wortie,
dat hulle besittings baie wortie;

17 wan hulle vat niks saamit hulle wanne hulle sterfie,
hulle besittings gaan nie saam met hulle graf toe nie.

18 Al dink hulle, terwyl hulle liewe, dat hulle geseënd is,
ennie mense prys jou omdat dit met jou goed gaan,

19 soes sy voorouers sal hy oek moet sterf,
wie nooit wee die lig vannie liewe sal sien nie.

20 Mense wie baie ryk is, maa wie nie vestand hettie,
is net soes die diere wat vegaan.

The post Bybel in Kaaps: Psalm 49 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>