Ek probeer Donderdagaand se "staatsrede" kyk. Ek skakel toe net na nege na die kanaal oor. Ek sien geen Zuma op die TV nie, net stoeiende en wriemelende lywe in wit hemde en rooi oorpakke.
Ek dog toe my genugtig wat maak Jerry Springfield hier?
Ek het altyd 'n saak probeer kompliseer. Baie min goed in die lewe is ingewikkeld en gekompliseerd.
Ek dink toe by myself hierdie situasie in ons land is soos 'n baie diep put. Elke probleem of vraagstuk is 'n kat. (Agv polities korrekte vereistes, gee ek die kat nie 'n kleur nie.) In elk geval die katte word in die gat gegooi. Die katte se probleme word nie aangespreek nie. Die katte is siek en met die regte behandeling sal hy/sy regkom. Die katte word ook in die gat gevoer. Op een goeie dag kry die katte nie meer kos nie. Die katte begin vir mekaar loer en lig dan lippe. Dit is dan dat die kattemaai uitbreek en die katte klim op mekaar om uit die gat uit te kom. Dit is wanneer die groot baklei begin. Ek sien die tekens reeds. Die katte begin vir mekaar loer en lippe lig.
Ons moet hier bly, dit gaan nog lekker raak en gaan nog groot "sports" sien. Die parlementsopening is glad nie meer so eentonig en vervelig nie.
Reusedwerg
The post Jerry Springfield in parlement appeared first on LitNet.