Aan die anderkant
Anderkant die nagmerrie
daar wag ek
Dit wat ek nie kon droom
gegiet in eens vergete werklikheid
Van verslae swerwer sonder kompas of bestemming
tot opgewonde reisiger met fokus en plan
Anderkant moegheid, angs en wanhoop
daar draai die pad skerp en tel vrede en hoop my op
Hulle druk my veilig teen hul vas en droog my trane af
Ek staan in stille, eerbiedige verwondering
oorstelp deur die wind wat die donker wolke van my verlede wegdryf
Ek voel hoe die son se pragtige lig en krag my seer omdolwe en genees
“Kom hierlangs,” nooi hoop my hartelik uit
“Kyk hoe geil staan moed en uithouvermoë langs dié pad”
Opgewonde ryg ek vrees uit my hart
en dans ek met die wonder van ’n weer begin
Die pad was lank
die kronkels angswekkend
die opdraandes uitmergelend
maar anderkant die doodloopstraat,
daar vind ek myself.
Uiteindelik weer tuis!
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Aan die anderkant appeared first on LitNet.