My hartseer huisie
My huis is leeg die mure is kaal, die dak vol gaatjies waar die lig deur val.
Flikkerende liggies, soos die son daar deur skyn, gedagtes van gister wat bly draai in my siel.
Die stilte breek my son se strale wat kamers koud laat skoon verlate, herinnerings gordyne lê aan repies op die vloer.
Binne is daar stemme wat teen koue mure fluister, wanhoop vlek die ruite met ’n sombere kleur.
Die sig na buite donker kleurloos het geen uitsig, weerkaats donker kolle teen die muur.
Die hart se taal dwarrel rond in al die kamers, sonder uitkoms uur na uur.
Moedeloos deur seer gedrewe soekend na ’n nuwe rede wat weer prentjies sal skilder teen die muur.
Maar die skaduwees van gister bly die ligstrale verduister en maak donker kolle oor die vloer.
Bulderende stemme slaan vas teen die plafonne suis verby my ore oor en oor.
Stemme vra oor môre is daar dalk nog hoop dalk vrede wat hierdie huisie weer sy glans sal gee.
Vasgevang in wankelende strukture, skarrelend op soek na krag en stilte vir die siel.
Dan hoor ek tog ’n stem so kragtig maar al fluisterend wat my gedagtes stadig en subtiel begin beheer.
Die kruis van Golgota was daar sodat ons weer kan voortbestaan, gewas gereinig deur Sy bloed.
Nederig sak ek neer, die wete dat my God regeer, my huis weer sal reinig met Sy kosbaar bloed.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: My hartseer huisie appeared first on LitNet.