Tuiste
Saans op my bed
wanneer donkerte ’n mens sluk,
my horlosie tik-tik
en winde onwelluidend ruk,
sal ek myself soos ’n boek ontleed
en nadink oor wie ek is
en die kleur van my kleed.
By bedoude blomme,
sening-oue bome en beaarde herfsblare op water
word ek opnuut bewus
van die loflikheid van my Maker.
Ek mag dalk net nóg een hier op aarde wees
met drome, versugtinge en verouderende vlees.
Maar soos ’n ongetemde valk sal ek deur die lewe sweef
om in die ewigheid eendag saam met my Vader te lééf.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Tuiste appeared first on LitNet.