Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

LAPA Jeugromankompetisie 2017

$
0
0

Skryf nou in vir die LAPA Jeugromankompetisie 2017!

Prysgeld ter waarde van R50 000 is op die spel.

Sluitingsdatum: 30 September 2017

Reëls

  • Die verhaal moet in Afrikaans geskryf wees, en gemik op lesers tussen 12 en 18 jaar oud. Die voorgeskrewe lengte is 30 000 tot 60 000 woorde.
  • Alle inskrywings moet die deelnemer se oorspronklike, ongepubliseerde werk wees.
  • Die wenromans sal deur LAPA Uitgewers gepubliseer word. Deelnemers gee ook aan LAPA die eerste opsie om enige van die inskrywings te publiseer. Geen ingeskrewe verhaal mag elders voorgelê word/wees vir moontlike publikasie nie. LAPA sal ná afloop van die kompetisie skriftelik met alle deelnemers in verbinding tree om te bevestig of hul verhale gepubliseer word al dan nie.
  • Die prysgeld is soos volg:

Eerste prys: R25 000

Tweede prys: R15 000

Derde prys: R10 000

  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Indien die gehalte van die inskrywings nie na die beoordelaars en LAPA Uitgewers se mening voldoende is nie, word die reg voorbehou om geen pryse toe te ken nie.
  • Geen skuilname word toegelaat nie.
  • Inskrywings moet op genommerde A4-bladsye getik wees, slegs aan een kant van die bladsy, in dubbelspasiëring en in ’n maklik leesbare lettertipe (soos Arial of Times New Roman).
  • Die deelnemer se naam mag nêrens op die manuskrip verskyn nie.
  • Elke inskrywing moet van ’n volledig voltooide inskrywingsvorm vergesel wees. Die vorm kan hier afgelaai word.
  • Stuur inskrywings aan:

LAPA Uitgewers

Jeugromankompetisie

Posbus 123

PRETORIA

0001

  • Slegs inskrywings wat per pos ontvang is, sal vir die kompetisie in aanmerking kom. Geen inskrywings per e-pos word aanvaar nie.
  • LAPA Uitgewers aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlore manuskripte nie. Dit is altyd raadsaam om ’n afskrif van ’n manuskrip te hou.
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2017. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  • Werknemers van die ATKV en LAPA Uitgewers mag nie deelneem nie.

The post LAPA Jeugromankompetisie 2017 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>