Die maan
... en snags as ek met ’n hoopgevulde hart
na buite gaan
as die koel laatnagbriesie se vingers
koesterend deur my hare vleg
en ek mag opkyk na die groot ronde maan
dan weet ek sy verstaan
want sy voel ook soos ek.
Haar hart behoort aan die mens
al hang sy daar hoog in die lug
buite bereik van haar geliefdes
is steeds al wat sy wil doen
al wat sy begeer
al waaroor sy droom
al waarvoor sy bestaan
– om raakgesien te word.
Stil nederig op haar plek
sy doen haar werk, ja net
soos ek
doelgerig en sterk en smagtend
na aanvaarding; ja hul sê jou hart
is waar jou huis is en sy
ja sy verstaan
my hart my huis my tuiste
is en was nog altyd op die maan.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Die maan appeared first on LitNet.