Is jy op soek na ’n dramateks of monoloog vir ’n praktiese eksamen of Eisteddfod? LitNet het ’n versameling dramatekste (insluitend teatertekste, radiodramas en kabarettekste) in die LitNet-spens!
Die LitNet-spens is ’n ruimte waar ons ongepubliseerde Afrikaanse tekste berg wat betrekking het op die uitvoerende kunste. Reëlings met betrekking tot opvoerregte moet self deur die gebruiker getref word deur die betrokke kontakpersoon of instansie te kontak.
- Afrikaanse dramatekste word geberg in die LitNet-spens en sodoende aan die publiek beskikbaar- en bekendgestel. Toegang tot die LitNet-spens is gratis.
- Voorkeur word gegee aan tekste wat reeds opgevoer is, maar enigiemand is welkom om ’n teks in te stuur. Tekste word oorsigtelik beoordeel voor plasing om bv laster te vermy.
- LitNet het geen kopiereg op die tekste nie en sal nie betrokke raak by die administrasie van opvoerregte nie.
- Tekste word geplaas soos dit ontvang word. LitNet is nie verantwoordelik vir enige taalversorging nie.
Stuur jou teks/navrae aan spens@litnet.co.za.
Klik hier om ’n dekvorm in Word-formaat af te laai.
Alfabetiese lys volgens skrywer se van
A - B - C - D - E - F
G - H - I - J - K - L
M - N - O - P - Q - R
S - T - U - V - W - Y - Z
The post LitNet-spens appeared first on LitNet.