Hierdie brief volg op die oorspronklike met dieselfde opskrif: http://www.litnet.co.za/die-waarheid-agter-die-waarheid-die-hoender-n-bone-contention/
Ek reageer hiermee op kla-kous se respons: “Volgens Stander (Landbouweekblad) is die enigste wenners “die paar winsbejagte invoerders in wit besit wat aan die Assosiasie van Vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie) behoort”. Invoer maak Amie die enkele grootste “pluimveeprodusent” en Itac se besluit plaas die land se voedselsekerheid nou in Amie se hande, sê Stander. "Aanhaling uit Landbou se webwerf met opskrif "Invoertarief vir hoender ‘slaan dronk’" http://landbou.com/nuus/invoertarief-vir-hoender-slaan-dronk/ ;asook op Raed wat skryf: “Rainbow (plaaslike kommersiële produsent) het vandag nog bekommernis oor werksverliese juis as gevolg hierdie kwessie uitgespreek.”
Die waarheid agter die “waarheid”:
Die BELANGHEBBENDES in die braaikuikenbedryf is:
- Die REGERING wie se direkte belange strek oor moontlike werksverliese (ten gevolge aan sosiale onrus), en verliese aan verskeie direkte, indirekte en BTW belasting-inkomste van die bedryf afkomstig.
- Die braaikuiken PRODUSENT, hetsy kommersieel of kleinboer (albei in plaaslike kompetisie met mekaar), is uitsluitlik op winsbejag ingesteld. (Werksverliese is geensins sy belangstelling nie. Inteendeel, arbeid vorm ’n onafwendbare en lastige deel van sy insetkostes.)
- Die INVOERDER wie se belang suiwer winsbejag ingesteld is. (Werksverliese is geensins sy belangstelling nie. Inteendeel, arbeid vorm ’n onafwendbare en lastige deel van sy insetkostes.)
- Die VERSPREIDER (bemarker) wat ’n balans in prys tussen aanvraag en voorsiening bemiddel met suiwer winsbejag as motivering. Arbeidskostes vorm ook ’n onafwendbare en lastige deel van sy insetkostes.
- Die VERBRUIKER, wat die eindproduk aankoop. Sy suiwer belangstelling is bekombaarheid en bekostigbaarheid van die aangekoopte produk. Werksverliese stel hy ook geensins in belang nie.
Elke belanghebbende hierbo genoem, met uitsondering van die regering en vakunies, stel werklik nie belang in werksverliese nie, en gebruik die konsep van werksverliese uitsluitlik om die regering te probeer manipuleer om hulle afsonderlike voorgestelde regeringsbeleid te wil voorskryf. Elkeen kom met dieselfde werksverliese-argument met variasies eie aan die soort belanghebbende onder bespreking. Die regering, deur middel van spesialiste in hulle diens, wik en weeg elkeen teen mekaar op en soek ’n koers wat maksimaal tot almal se voordeel sal geskied (wat nie altyd moontlik is nie).
Die Landbouweekblad dien suiwer die plaaslike landbou-produsent, dus sal sy woordvoerders soos Stander hierbo genoem, eensydig die plaaslike produsent se saak stel, beveg en motiveer, en sal nie skroom om die plaaslike landbou-produsent se kompetisie, in hierdie geval die Invoerder, te probeer ondergrawe nie. Dieselfde argument geld vir Rainbow Chickens se argument mbt werksverliese. WINSBEJAG is almal se uitsluitlike motivering.
Insetkoste, oa die hoë en merendeels onproduktiewe koste aan arbeid plaaslik, het tot sodanige mate toegeneem, dat die winsmarge van die plaaslike braaihoender-produsente onder hewige druk staan. In teenstelling geld ’n ander baie goedkoper oorsese insetkoste-stelsel, waar ingevoerde braaikuikens heelwat goedkoper op ons mark aangebied word. Invoere druk die plaaslike prys af. Plaaslike produsente om te oorleef, sal hulle pryse moet verhoog, maar kan nie, solank die invoerkompetisie daar is. Hulle antwoord daartoe is ’n stewige verhoging in invoerbelasting en tariewe aangevra, asook ’n verhoogde soutwater-inhoud in die plaaslike produk, sodat die braaikuiken se gewig met soutwater tot voordeel van die produsent se winsmarge gesubsidieer word.
Ten spyte van jaar op jaar verhoogde produksie, kan die plaaslike produsent nie aan die totale verbruiker-aanvraag voldoen nie. Die gaping jaar op jaar tussen plaaslike aanbieding en plaaslike aanvraag word al hoe groter tot nadeel van die verbruiker, dus vorm invoere ’n al hoe groter segment van die braaikuikenmark om die tekort in aanvraag te bevredig. Stander se stelling dat invoere wispelturig is, word deur feite sedert 1994 bevraagteken, waar daar ’n stelselmatige groei jaar op jaar in invoere getoon word.
Die gevolge van braaihoender-onbekostigbaarheid, veral onder die armes:-
Aanvraag neem af, wat lei tot aflegging van werkers.
Aflegging van werkers lei tot minder inkomste vir belasting en BTW vir die regering
Afleggings veroorsaak verdere armoede en sosiale onrus wat die regering sal wil vermy, oa kriminaliteit, prostitusie, dwelmhandel, alkoholisme, ens.
Die enigste teoretiese manier om die plaaslike braaikuikenbedryf op die langtermyn te beredder, is om maniere uit te werk hoe die produsent se hoof-insetkostes verminder kan word, wat arbeid-, vervoer- en voerkostes insluit. Onderliggend wat alle kostes opstoot, is onproduktiewe en wispelturige arbeidskostes, deur die vakunies aangeblaas. Brittanje het ’n soortgelyke probleem gehad, totdat Margaret Thatcher dit onder beheer gebring ht, deur die rug van die vakunies, tot vandag nog, daar te breek.
The post Die waarheid agter die waarheid in “Die hoender is 'n "bone of contention". Vir kla-kous. appeared first on LitNet.