Ons ondervind tans ’n ongekende haat of fobie vir die Russe in die Amerikaanse nuusmedia, wat die Russe om elke hoek en draai probeer afkraak en demoniseer, hetsy deur middel van halwe waarhede en merendeels deur blatante leuens. Die Russe se pogings tot wedersydse samewerking met die VSA word kru deur die VSA-Kongres verwerp. Sodanige haat word gekenmerk met die woord “Russopbobia”. Lees maar enige berig met ’n Amerikaanse vlaggie langs sodanige berig, en jy kom dit vining agter. Wikipedia definieer dit as: “Russophobia is a diverse spectrum of negative feelings, dislikes, fears, aversion, derision and/or prejudice of Russia, Russians and/or Russian culture.[1
http://www.newsnow.co.uk/h/World+News/Europe/Eastern/Russia
Vervang “Russian” met “Afrikaner”, in Wikipedia se definisie hierbo, dan kom ’n mens gou agter dat “Afrikanerfobie” wel bestaan, nieteenstaande die meerderheid Afrikaners se poging om die goeie guns van die ander rasse te probeer inwin nie. Die meerderheid Afrikaners wil so graag met die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap integreer, maar word deur “Afrikanerfobie” van die ander rasse daartoe daadwerklik gekeer. In reaksie tot “Afrikanerfobie”, is Afrikaners vining besig om hulle vanuit die breër gemeenskap te onttrek, en daarvoor word hy ook deur sy aanvallers verkwalik.
Die aanslag, selfs onverbloem, op sy taal, kultuur, geskiedenis, erfenis en ekonomiese bedrywighede veroorsaak ’n swygsame nors (sullen) reaktiewe respons teenoor die ander rasse, wat duidelik onderling aangevoel word.
Tensy die ander rasse se benadering tot die Afrikaner, nie na goedgesindheid, verander nie, sal die Afrikaner verder van hulle verdryf word, en om beskerming vir hulself te bewerkstellig, laer trek.
The post Afrikanerfobie appeared first on LitNet.