Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Antwoord op Angus se brief van 1 deser

$
0
0

Beste Angus

Natuurlik was dit ‘n grappie, dié een nou dat jy ’n maand sou wag vir my antwoord.  Dit was ook ’n goeie grappie oor dit so na aan die waarheid was; ek vat wel lank om te reageer. 

Ewentwil, dit lyk of jy nog steeds onder die indruk verkeer dat Standaardafrikaans bloot gesuiwerde Engfrikaans (of Kaaps deesdae soos jy dit noem), is.  Jy sê dat as “... ’n mens in ag neem dat teen 1795 daar net sprake was van ʼn nuwe taal, soos bewys kan word uit geskrifte van ongeveer hierdie tyd, dan moes die invloed van Engels mos enorm gewees het.”  Hoe bring jy die kloutjie by die oor? Hoekom sou die invloed van Engels “mos enorm” gewees het?  Die burgers, later bekend as “Boere”, was juis Boere genoem omdat hulle hoofsaaklik boere was.  Hulle en hulle kinders was nie in Engelse skole nie, hulle het nie vendusies en ander sake in Engels bedryf nie.

Maar wat ook al die presiese geskiedenis, daar is ’n groot teenstrydigheid in jou rede.  Jy praat van ’n “nuwe taal” hier in 1795 rond waarop daar ’n “enorme Engelse” invloed was en, nou met die hedendaagse verengelsing, sien jy weer die geboorte van nogeens ’n nuwe taal, weer met ’n enorme invloed van Engels (waaraan, volgens jou, ek en jy niks kan doen nie).  So Afrikaans het ontstaan deur “Kaaps” te suiwer van anglisismes en nou begin daar weer ’n nuwe taal deur anglisismes en Engelse woordeskat in te voeg.  Dit maak mos geen sin nie.

Die werklikheid is veel eenvoudiger.  Afrikaans gaan agteruit weens die omhelsing van Engels deur sy sprekers.  Afrikaans is nie besig om te verengels nie; sy sprekers is besig om te verengels en Afrikaans al hoe swakker te praat en in die proses verskraal Afrikaans en gaan tot so ’n mate verskraal word dat hy glad nie meer gepraat word nie.  Net vanoggend weer praat ’n maatskaplike werkster op RSG en gebruik die woorde ‘accused’ en ‘lawyer’; sy kon kwansuis op daardie tydstip nie aan die Afrikaans daarvoor dink nie.

So, weer eens, jammer om jou te ontnugter maar die geradbraakte Afrikaans wat jy op die sepies hoor is nie die geboorte van ’n nuwe taal nie; dit is die ontoereikende uitdrukking in Afrikaans deur sekere sprekers - ’n manifestasie van die uitsterf van Afrikaans.

Wat jou vraag oor Afrikaanse grammatika betref, naamlik of Afrikaans ’n grammatika het – die antwoord IS triviaal.  Soos ek reeds vir jou gesê het, die woord ‘taal’ kan as ’n versamelnaam vir grammatika en woordeskat beskou word.  “Taal” impliseer grammatika en woordeskat.  “Grammatika” verwys na die wyse waarop woorde gebruik word, geklassifiseer word en saamgeflans word om samehangende kommunikasie te bewerkstellig (dit behels dan ook voorskrifte wat betref sintaksis, morfologie (insluitend verbuigings) en ook phonologie en semantiek.  Grammatika is taal; jou vraag kan netsowel wees “hoe weet jy taal is taal?” of “hoe weet jy 2 is meer as 1?”.  Triviaal.

Groetnis

Jan Rap

 

The post Antwoord op Angus se brief van 1 deser appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>