Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Die waarheid agter die waarheid in “Die hoender is 'n "bone of contention"

$
0
0

Raed se “Waarheid”:  Om sy volle brief te lees, lees http://www.litnet.co.za/die-hoender-n-bone-contention/

Par 1:  “S.A. koop laegraadse oorskiet hoender van Europa en die VSA.”

Die waarheid:

Suid-Afrika verorber gemiddeld 1 800 000 ton per jaar en produseer gemiddeld 1 500 000 ton per jaar, ’n tekort van 300 000 ton per jaar (24% van totaal) wat alleenlik deur invoere (omtrent 436 000 ton in 2015) aangevul kan word, tans hoofsaaklik vanaf Brasilië (43% van invoere). Behalwe vir die 9000 ton uitvoere deur SA aan gesamentlik Mosambiek en Zimbabwe, kan SA nie bekostig om uit te voer nie.  Die invoere van hoendervleis is beslis nie laer graad nie, en word deeglik deur gesondheidsbeamptes ondersoek vir beide kwaliteit en siektes.

Par. 2 & 3:  “Ons regering gee invoerders afslag asook belastingkorting, die dat ingevoerde hoendervleis goedkoper as ons plaaslike produkte is.”

Die waarheid

Daar word geensins afslag of korting deur ons regering aan ingevoerde hoendervleis toegestaan nie.  In beide die gevalle van Europa en die VSA, word geen invoerbelasting gehef nie as enige voordeel juis as gevolg van handels-ooreenkomste tussen SA en genoemde lande.  Ander invoerders soos bv Brasilië  word daar wel invoerbelasting asook “dumping”-heffings gehef (laasgenoemde op Europese invoere ook van toepassing). Inteendeel, ingevoerde hoender land in SA teen gemiddeld R11/kg, vergeleke met SA se eie produksiekoste van R50/kg, wat plaaslik goedkoper per kg deur 25% soutwater toevoeging gemanipuleer word.  Die rede dat ons nie ingevoerde hoendervleis teen naastenby R11/kg kry nie is juis as gevolg van invoerbelasting en “dumping”-heffings gehef op NON-Europese en NON-VSA invoerders.  Die regering het die toelaatbare versouting van hoendervleis vanaf 25% na 15% afgedwing, tot SA se hoof hoendervleisprodusente se misnoeë.  Wat sê dit vir ons?  Die fout lê nie by invoere nie, maar by ons eie produsente.

Par. 4 & 5:   “Ingevoerde hoendervleis veroorsaak werksverliese en armoede.”

Die waarheid.

Die VSA se “African Growth and Opportunity Act”  AGOA, laat toe dat SA sekere produkte, veral in die veselbedryf, sonder  Amerikaanse invoerbelasting op hulle mark mag aanbied, in ruil vir die jaarlikse toelating van 60 000 ton Amerikaanse hoendervleis belastingvry op die SA-mark.  Inteendeel, weens die swak Rand teenoor die dollar, is maar ietsie soos 8 000 ton hierdie jaar aangekoop.  Tans verskaf hierdie wetgewing werk aan 65 000 Suid-Afrikaners.  Toe SA invoerbelasting en dumping-heffing in 2015 gehef het, teenstrydig met hierdie ooreenkoms, het die Amerikaners gedreig om die voordeel vir SA te onttrek, wat 65 000  werkgeleenthede in die gedrang sou gebring het.  Die regering het vining geretireer. Inteendeel. Die invoer van hoendervleis is werkskeppend.  Die skeepsaflaai, herverpakking, verkoeling, vervoer, bemarking, ens het werkers nodig.

Par. 6 & 7:  Die gesanik oor geroeste spoorlyne en stasies wat voorheen deur werkers beman was, nou volgens hom werkloos.

Die waarheid.

Tyd en vervoermiddels het vanaf die SAS (SAR) aanbeweeg tot voordeel van die ekonomie en werkskepping.  Spoorwegwerkers is vervang met trokdrywers, voertuig-instandhouers, meer petroljoggies, ens. Pleks van ’n geallieerde werknemer met ’n reeks verskeie werksrange op die spoorweg, is nuwe entrepreneurs geskep wat hulle eie inkomste volgens eie inisiatief bepaal (vervoer-eienaars).

Par. 8:  Oor keuses van hoendersnitte, met ’n persoonlike afkeur vir witvleis.

Die waarheid.

Die koper koop sy snit volgens sy bekostigbaarheid en persoonlike voorkeur. Die armsalige in ons land sal kop en pootjies (walkie-talkie) alleenlik kan bekostig, wyl die meer gegoede ander snitte sal kies.  Witvleis is op sig duurder, maar eintlik goedkoper en gesonder.  Geen vel, vet of bene nie. Jy koop suiwer vleis, en nadat die vet, vel en bene op die ander snitte verwyder is en R/kg tussen die twee dan vergelyk word, kan die witvleis goedkoper wees.  Witvleis bevat ook heelwat minder soutwater weens die moeilikheid vir die inspuiting daarvan.

Om op te som:

“The SA broiler industry, is that it’s heavily dependent on import tariffs and anti-dumping duties for its survival.”

“The landed price of imported chickens is some R11/kg, compared to R50/kg to buy it from SA producers!”  “The R50/kg price for chicken portions in South Africa, compares to the average landed price for chicken meat in Jan 2015 of R11/kg. This shows the extent to which the SA chicken industry is being protected by import tariffs.”

“South Africans eat about 1.8m tons of broiler meat annually.”  “Domestic supply • 2014 : about 1bn broilers (1.5m tons of meat)”

“This is surprising, as a problem that the SA poultry industry faces is that its chicken factories (they’re not farms!) are smaller and its maize/soya too expensive to compete against the global giants.”

http://bestsaexporters.com/south-african-poultry-industry/

Vandag se mense word gebombardeer met liegstories wat oortuigend oorgedra word as “waarheid”, die dat ek altyd vra of daar agter die “waarheid” vir die werklike waarheid nagevors was.

Bronne:

Die hoenderbedryf koerant:   http://www.thepoultrysite.com/poultrynews/vars/country/za/

AGOA  https://en.wikipedia.org/wiki/African_Growth_and_Opportunity_Act

Hoender-invoerestatistieke: http://www.sapoultry.co.za/pdf-statistics/summary-imports-report.pdf

 

The post Die waarheid agter die waarheid in “Die hoender is 'n "bone of contention" appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>