In hierdie afdeling op LitNet verskyn gedeeltes van die Bybel in Kaaps.
Lees ook: Die Geboorte van Johannes die Doper wôt voospel en Maria gaan kuier by Elisabet en Sagaria se loflied
2
In daai tyd, toe het keiser Augustus ’n bevel uit gestuu dat die volk vannie hele ryk getel moes wôt. 2 Dit wassie eeste volkstelling wat plaasgevind het tewyl Sirenius vi Sirië geregeer het. 3 Amal het na hulle eie stad toe gegan om hulle te lat inskryf.
4 Josef het oek gegan. Hy’t uit Nasaret in Galilea na Judea toe gegan, daa na Betlehem, die stad van Dawid, wan hy het annie huis en lyn van Dawid behoort. 5 Hy’t vi Maria, sy veloofde en wie oek swange was, saam met hom gevat om in te gan skryf. 6 Tewyl hulle daa was, toe hettie tyd gekom vi Maria om geboote te gie, 7 en sy het geboote gegie an haa eeste kind, ’n seun. Sy het hom toegedraai in doeke en hom in ’n krip in neergelê, ommat daa nêrens vi hulle plek in ’n herberg wassie.
8 Daa was toe skaapwagters wat buite innie veld biesag was om agte hulle skape te kyk. 9 ’n Engel vannie Jirre het an hulle veskyn, ennie heerlikheid vannie Jirre het om hulle geskyn, en hulle was baie bang. 10 Die engel sê toe vi hulle, “Moenie bang wiesie. Ek is hie om goeie nuus te bring, wat gat heppiness bring virrie hele volk. 11 Viddag innie stad van Dawid was julle Verlosser Christus die Jirre gebore! 12 En dit sallie teken wies vi julle: Julle sal ’n babaseuntjie kry wat toegedraai is in doeke en wat in ’n krip lê.” 13 Iewe skielik het anne engele ommie engel veskyn wat vi God geprys het, en hulle het gesê, 14 “Eer aan God in die hoëgste hiemel, en vriede op aarde an amal vi wie Hy guns voo het. 15 Toe die engele vedwyn het en trug innie hiemel in gegan het, het die skaapwagters vi mekaa gesê, “Kom ôs gan Betlehem toe en gan kykie ding wat gebeerit, wat die Jirre vi ôs van gesê het.” 16 Toe is hulle hastig daa weg uitie veld uit, en gan kry toe vi Maria en Josef, en die babaseuntjie wat innie krip lê. 17 Toe hulle die kind gesien het, toe gan vetel hulle vi amal wat wil hoor, wat vi hulle gesê was oo die kind, 18 en amal wat gehoorit was vebaas oo wat die skaapwagters vi hulle vetel het. 19 Maria het alles wat gesê was onthou, en het wee oo alles gedink wat sy gehoorit. 20 Die skaapwagters het toe trug gegan, hulle het vi God geloof en geprys oo alles wat hulle gehoor en gesienit. Dit was alles net soes dit vi hulle gesê was.
21 Oppie agste dag, toe dit tyd was ommie kind te besny, was sy naam gegie Jesus, die naam wat die engel vi hom gegie het nog voo sy ma swanger geraakit met hom.
The post Die geboorte van Jesus appeared first on LitNet.