Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Vir FC Boot as antwoord op sy kommentaar van 2016-12-07

$
0
0

Beste FC Boot,

Jy sou graag wou hê dat ek uitrafel, maar ek kan jou verseker met die wetenskap as basis, is daar maar min hoop voor. Gelukkig maak ek nie op die Bybel staat nie, want dan sou ek beslis uitgerafel het, soos jy.

Jy maak heeltemal verkeerde aannames wat die wetenskap betref. Die doel van die wetenskap is nie om enigiets te bewys nie. (Ek moes dit seker al male sonder tal aan jou verduidelik het.) Die doel van die wetenskap is om ONDERSOEK in te stel na dit wat onbekend is. Daarna volg bewyse om hierdie ondersoek te toets aan die waarheid. Daar is baie dinge wat die mens nie weet nie. Die wetenskap ontdek dit en verklaar dit sodat dit deur die mens verstaan kan word. Dit is onmoontlik (tot dusver) om te weet wat voor die totstandkoming van die heelal was. Die wetenskaplikes is eerlik en sê hulle weet nie. Die Christene is oneerlik en sê hulle weet. Dis glo nou waar die Bybel inkom.

Robert Jastrow is ʼn bekende kreasionis en gelowige in Intelligent Design. Die mens is al so geïndoktrineer dat hy dink alles wat bestaan, deur ʼn intelligente wese gemaak moes gewees het. Daarom dink gelowiges soos Jastrow dat die heelal so ingewikkeld is, dat dit alleenlik deur ʼn intelligente wese geskep is. Hierdie soort denke is al ʼn hele klompie kere in Amerikaanse howe getoets, en telkens is bevind dat dit onwetenskaplik is. Jy hou mos daarvan om te google. Gaan google bietjie die Doversaak, en word wys.

Ek kan elkeen van Jastrow se kwotasies aan flarde trek, maar spasie ontbreek.

Groete,

Angus

 

The post Vir FC Boot as antwoord op sy kommentaar van 2016-12-07 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>