Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Die vrystelling van slawe, uit die argief: 'n Besoek aan Pniël

$
0
0

Die Algemene Jaarvergadering van die Vriende van Afrikaans het hierdie jaar in Pniël by die museum plaasvind. Matthew Cyster, die voorsitter van die Pniël Erfenis en Kultuur Trust het opgetree as gasheer en het na die formele vergadering ’n kort toeligting oor die museum en ’n rondleiding waargeneem. Naomi Meyer het meer oor Matthew en die dorpie Pniël gaan uitvind.

Hallo Matthew, dankie dat jy tyd maak vir gesels. Ek sien jy het ’n groot liefde vir Pniël – is dit waar jy vandaan kom? Vertel asseblief vir ons lesers van jou agtergrond.

Ek voel gevlei – nie aldag dat mense meer van ons dorp, laat staan nog die mense van die dorp, wil weet nie. En ja, ek is van Pniël. Hier gebore, en soos daar gesê word, hier getoë. Aan Noorder Paarl Hoër gematrikuleer en aan destydse “Bosch College” gegradueer. Nou, ná ’n klompie jare in die onderwys, is ek maar op my manier betrokke by die bewaring van ons ryke erfenis.

Dis waar wat jy skryf oor die mooi pad tussen Stellenbosch en Franschhoek, en ongelukkig ook dat nie veel mense in Pniël stop nie. Vertel asseblief vir ons reisende lesers wat net ’n vinnige rit wil onderneem: Waar drink mens die lekkerste koffie in die dorp?

In Pniël drink ons nie nét koffie nie. Die bestuurder van ons Teetuin, Levona Alexander, is ook wyd bekend vir die heerlikste gebak.

Wat is daar alles om in Pniël te sien as mense hulle bene wil rek? En wat is daar om te sien as mens langer tyd het – dalk oornag?

Net ’n vinnige, vlugtige besoek aan die dorp sal nie deug nie. Jy sal net te veel van ’n wonderlike ondervinding misloop. Ons dorp is gestig in 1843, kort na die vrystelling van slawe in 1838. Die Congregational Kerk aan die hoofpad dateer uit daardie tyd en ’n begeleide toer van minstens een uur sal jou vertel van die slawegeskiedenis, die betekenis van ’n aantal interessante monumente op die historiese Werf, en dan is daar natuurlik ook ons museum. Mense wat meer tyd het, sal ’n rit deur die dorp, ons buurdorp Lanquedoc, en die natuurskoon onbeskryflik mooi vind.

Vertel asseblief vir ons lesers wat meer tyd het: Waar bly mens die lekkerste op die dorp?

Daar is ’n aantal B&B’s in die dorp, wat ek eintlik aanbeveel. Die rede hiervoor is dat besoekers dan regtig kontak maak met die tradisies en gasvryheid van die mense. Daar is ook die meer gesofistikeerde 4-ster-verblyf sou mense dit verkies.

Ek lees gister iewers op ’n ander plek hoe belangrik dit is om plaaslike gemeenskappe te ondersteun. Wat sou dit vir Pniël se gemeenskap beteken as mense moeite doen om die dorp te ontdek?

Dit is absoluut belangrik. Een van die belangrike doelwitte met die inrig van ’n museum en aanliggende teetuin was om mense te bemagtig. Dit bied ’n geleentheid vir mense om hul handewerk te koop aan te bied, maar dan benodig ons mense wat die aksies ondersteun. Vir baie besoekers aan die vallei is die ondervinding ongelukkig beperk tot ’n besoek aan die bekende wynplase en word eerlike pogings tot bemagtiging onbewustelik so gekelder.

Foto’s: www.pniel.co.za
Besoek ook: Vriende van Afrikaans

Oorspronklik verskyn: 15 Oktober 2013

The post Die vrystelling van slawe, uit die argief: 'n Besoek aan Pniël appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>