Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Persverklaring: Sara se geheim, ’n nuwe kykNET-dramareeks

$
0
0

Drie kan ’n geheim hou as twee dood is.

Geheime en leuens. Goeie leuens en slegte leuens. Geheime wat verhoudings vernietig, want ’n leuen kan slegs geheim gehou word deur meer leuens. En dan die eeuoue waarheid: familiebloed sal kruip waar dit nie kan loop nie.

Sara se Geheim is ’n dramareeks van 26 episodes wat in Kaapstad afspeel, met twee verhale wat hand-aan-hand loop – dié van ’n familie in Durbanville en dié van ’n familie in Athlone. Hierdie families se lewens is oënskynlik wêrelde van mekaar verwyder, maar een leuen verbind hulle; ’n leuen wat reeds 35 jaar lank geheim gehou word …

Tog is die reeks nie net donker en dramaties nie. Die temas word ook gejukstaponeer teenoor die ligter, meer humoristiese gevolge van leuens en geheime in die daaglikse bestaan van die karakters.

Daar is drie gesinne in Sara se Geheim – die Cloetes, Kiewietse en die Vermeulens – en die een persoon wat hulle saambind: Sara Abrahams (June van Merch). Sy is die stammoeder en dra swaar aan ’n diep, donker geheim en leuen wat sy 35 jaar gelede uit nood moes vertel om haar oudste seun se lewe te red.

Sara is ook die bewaarder van haar kinders se geheime. Soos die storie ontvou en elkeen se geheime ontdek en ontbloot word, sien ons hoe die verhoudings tussen ma en dogter, broer en suster en gades oopgekloof word.

sara_3

June van Merch is te sien as Sara Abrahams en Quanita Adams is haar jonger dogter, Lizzie Kiewiets. Van Rooi speel die rol van die ouer dogter.

Wanneer Sara se 14-jarige seun en sy maats tydens die politieke onluste in die 1980’s deur die polisie voorgekeer en ’n vangwa gelaai word, word haar seun vrygelaat omdag hy lig van kleur is. Sara het geweet dis net ’n kwessie van tyd voor die seuns sal erken dat haar seun, Johnny, hul leier is en dat die polisie hom by haar sal kom soek. Dieselfde aand gaan soek sy hulp by die kinderlose Mev Vermeulen en sy oorreed Sara om Johnny in haar sorg te laat.

Johnny word Johan (Dawid Minnaar) en op die vooraand van die nuwe Suid-Afrika raak hy verlief op Nicola (Natania van Heerden). Sara sê hy moet vir Nicola die waarheid vertel, maar hy kan nie.

Sara se oudste dogter, Maggie Cloete (Lee-Ann van Rooi), is die een wat die meeste geraak word deur Johnny se verdwyning. Sy het haar broer verafgod en met sy verdwyning raak sy as tiener met die ongure Ricky (Brendon Daniels) deurmekaar. Hy beland in die tronk en Maggie, wat swanger met sy kind is, besluit om haar lewe om te draai. Sy aanvaar ’n trouaanbod van Virgil Cloete (Charlton Lee George), maar Sara weet dat ook Maggie ’n geheim met haar ronddra.

sara_2

Conway October, Lee-Ann van Rooi en Marlo Minnaar op die stel van Sara se Geheim. Van Rooi speel die rol van Maggie en October en Minnaar is te sien as haar seuns, Kelvin en Aiden.

Sara se jongste dogter, Lizzie Kiewiets (Quanita Adams), lewe ook ’n leuen. Sy glo sy is gelukkig getroud met Danny (Keenon Arrison), maar Danny lewe ’n dubbel lewe. Johan en Nicola se dogter, Inge (Lise-Marie Richardson), ontmoet Maggie en Virgil se oudste seun, Aiden (Marlo Minnaar), op universiteit. Hulle vorm ’n noue band en Sara probeer Johan oortuig om vir Inge die waarheid te vertel. So word die groot geheim nou deur drie mense gedeel: Sara, Johan en Inge.

Ander spelers in die rolverdeling is Margot Luyt, Elton Landrew, André Weideman, Nicola Hanekom, Edwin van der Walt, Geon Nel, Marco Spaumer, De Klerk Oelofse, Celeste Matthews, Grant Swanby, Catriona Andrews en Shimmy Isaacs.

Die skrywers van die reeks sluit name in soos Margaret Goldsmid, Peter Goldsmid, Johann Davis, EKM Dido, Ilse Oppelt, Justine Loots en Tristam Atkins.

Die regisseurs is Mia Breet en David Isaacs en die reeks word vir kykNET & Kie deur Paw Paw Films, ’n onderafdeling van Penguin Films, vervaardig.

The post Persverklaring: Sara se geheim, ’n nuwe kykNET-dramareeks appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>