... by Prerebere (noordekant van Mauritius)
stap sy uit die see uit.
Die een wat James Bond tegemoet gestap het,
was knus in 'n bikini omweef.
Myne nie,
sy was “topless”.
‘Die aankom, die inkom van haar’,
ronde waterdruppeltjies
orals op die amper
koperbruin ferm sawwighede,
beide nippeltjies
soos horinkies
na die hemel gerig.
Haar oë swem
in haar glimlag.
Ek ‘monsieur’ die middeljarige ou (jonger as ek) om hom te beduie,
het vroeër gehoor hy en sy vrou praat Frans.
Kyk weer terug en vas in die blitse uit Franse wederhelf se oë
(het haar nie gesien nie).
Sy gee 'n vinnige blik in die rigting van haar reine ou man,
sy oë betyds in die teenoorgestelde rigting
as wat ek met my duim skuinsweg oor my skouer,
na die beelhouwerk beduie.
Ek sou seker vir 'n halfuur lank kan uitwei
oor wat ek in daardie fraks van ‘n sekonde
in die Franse wederhelf se oë beleef het.
Sy is 'n tierwyfie van formaat,
arme beooggeklapde Franse ou ballie.
Is sy Franse vuur geblus,
of is dit 'n gewaandheid,
hul kwansuise se vurigheid?
Van ‘Cooper se droop’ is daar absoluut geen sprake nie,
met haar vat-vat aan dertig en al.
Sy gaan sit langs haar manlike metgesel,
en afguns breek oor my.
Ek het begrip vir jou,
uitgestote ou leeumannetjie.
My wederhelf wil haar 'n papie lag.
Oor wat vra ek,
wens jy kon jou gesig sien,
sê sy.
Hierdie is 'n openbare en beskutte strandjie
en nie soos by ‘n hotellandgoed, ingekamp nie.
Is dit wettig ? vra sy.
Ek kyk rond,
geen wet is in sig nie!
en is heimlik dankbaar
vir 'n blikkie op gister.
En nou wonder ek,
wat het vrugbaarheid
en Jaco Fourie in gemeen?
(sy ‘phallic’ ding hieronder)
Nie-droop-nie groetnis,
Raed-na-Gael
The post Op 'n strandjie ... appeared first on LitNet.