Die ATKV is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse kultuurorganisasie en het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde persoon om as digitale koördineerder by LAPA Uitgewers in Pretoria diens te verrig.
Die ATKV volg ’n gelyke indiensnemingsbeleid.
Kennis-/vaardigheidsvereistes
- BA-graad of verwante tersiêre kwalifikasie
- Kommunikasievaardighede met ervaring in die lewering van kliëntediens
- ’n Oog vir detail en uitsonderlike organisasievermoëns
- Vertroud met en ervaring in Excel, Microsoft Word en Photoshop
- ’n Sterk belangstelling in digitale ontwikkelinge op die gebied van media en sosiale media
Die vernaamste verantwoordelikhede is:
- Algemene webwerfkoördinering en -administrasie.
- Navorsing insluitend teikengehooridentifikasie, mededingende analise, kwalitatiewe webtuisteprofielanalise, soekenjinsleutelwoordanalise en byeenbring van sekondêre navorsing in plaaslike en oorsese markte.
- Koördinering van betaalde internetveldtogte (“campaign billing”).
- Die byeenbring van navorsing en strategieë oor aanlynbemarking, e-posbemarking, soekenjinbemarking en selfoonbemarking.
- Voorbereiding van beramings, veldtogskedules, begrotings en ander projekbestuur-vereistes.
- Bystand met die identifikasie van gekwalifiseerde digitalemedia-diensverskaffers.
As jy vir so ’n dinamiese organisasie wil werk, stuur jou volledige CV aan: Dirk Botha, ATKV, Posbus 4586, Randburg, 2125. Die CV kan ook na 011 919 0207 gefaks word of stuur ’n e-pos na betrekkings@atkv.org.za.
Aansoeke moet die ATKV voor of op 30 November 2016 bereik. Gebruik asseblief as verwysing: LAPAWEB01
The post ATKV-betrekkings: Digitale koördineerder by LAPA Uitgewers appeared first on LitNet.