Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20678

Gerald Clark: "My wortels sal altyd ’n blou ondertoon hê"

Die gewilde blues-man Gerald Clark het onlangs sy eerste nuwe album in ’n lang tyd, Afroboer & the Golden Goose, vrygestel. Hy beantwoord ’n paar vrae oor die musiek en die lewe.

Goeiedag, Gerald. Hoe's alles?

Dit gaan heel goed. Dankie. Image may be NSFW.
Clik here to view.
:)
Perdfris en gesond, en genadiglik is besigheid goed.

Image may be NSFW.
Clik here to view.
geraldgrootweb

Geluk met die uitreiking van jou nuwe album, Afroboer & the Golden Goose. Dis jou eerste album in ’n hele paar jaar – hoe het jy hierdie album anders benader as met voriges, wat betref die konseptualisering/beplanning en ook die opnameproses? Was daar ’n spesifieke ideaal wat jy wou bereik met Afroboer & the Golden Goose, en hoe voel jy terugskouend daaroor, noudat dit uit is?

Ja, ek't lanklaas ’n album uitgebring. Dit was tyd!!

Wat hierdie album anders maak, is dat ons dit nie in ’n gevestigde studio opgeneem het nie. Ons het ’n ou plaashuis in Wellington omskep en die album daar opgeneem. Ons almal het in dieselfde vertrek gesit en dit gee die hele produksie meer van ’n "live" gevoel.

Ons het sover as wat ons kon "vintage" klanktoerusting gebruik. Ek het self die produksie ensovoorts behartig, met die hulp van Tim Rankin, wat ook die dromme gespeel en die album gemix het.

Dit het ’n sterk blues-gevoel en ek voel heeltemal opgewonde oor hoe dit ontvang gaan word. Dit is nog die naaste aan my styl wat ek ontwikkel het.

Dit voel dikwels soos ’n vreeslik voor die hand liggende ding om te vra waar ’n album se naam (of ’n band se naam) vandaan kom in ’n onderhoud, maar in hierdie geval móét ons net weet ... Wat is die storie agter die albumtitel? Ek vermoed hier's iets meer betrokke as ’n paar woorde wat bloot lekker op die oor val.

Haha! Die naam is bloot ’n refleksie van hoe ek dink mense dalk my karakter op stage kan sien. Ek verweef graag my persoonlike lewe met my show, asook met sosiale-media-platforms waar mense my volg. Dus maak die Afroboer en Golden Goose vir hulle sin.

Melissa Fontini, my meisie, is die Golden Goose en daar is ook ’n snit op die album oor haar!

Afroboer & the Golden Goose is ’n moerse interessante (en moerse lekker!) album. Mens hoor nog onmiskenbaar die blues-wortels waarvoor jy bekend geword het, maar byna elke snit branch bietjie (of baie) uit in ’n ander rigting. Is dit iets wat jy graag opsetlik wou doen, of voel jy dis bloot iets wat natuurlik kom saam met die musikant wat jy deesdae is? Hoe belangrik is dit vir jou om breë musiekelemente in te werk by jou songs, en op watter maniere stel jy jouself opsetlik bloot aan wye invloede?

My wortels sal altyd ’n blou ondertoon hê en ek is verheug dat dit die album in ’n blues-rigting stuur!

Ek moet bieg dat ek nie veel toelaat dat opsetlikheid kerf aan my eindproduk nie. Ek voel dat dit baie meer natuurlik gebeur.

Wat ek wel doen, is om musiek waarvan ek baie hou se produksie te probeer ontleed en opsetlik te eksperimenteer daarmee.

Daar's ook verskeie produksie-elemente wat sulke ontsettend lekker verrassings is – reeds op "Jesus" (die tweede snit) hoor ’n mens asof vanuit nêrens ’n mannekoor wat saamneurie met die kitaar- en bass-hook (ek hoop dis wat daar is, anders is die kênsgeit dalk uiteindelik hier), en op dieselfde snit klankeffekte soos geweerskote. Tog voel dit ook in geen stadium "overproduced" nie – trouens, die meeste snitte hou by ’n vier-of-vyf-instrument-basis. Het jy en die vervaardigers en bandlede voor die tyd gepraat oor hoe minimalisties of nie die album moet wees en hoeveel julle wil verken met ’n paar verrassingselemente? Hoe beskou jy in die algemeen die "sweet spot" van daai balans en hoe jy dit persoonlik vind tydens skryf, opname en live uitvoering?

Jy't reg gehoor en observeer. Image may be NSFW.
Clik here to view.
:)

Daardie bass hook van Schalk van Merwe vat mens lekker vas ja!

Hoe meer spasie daar is tussen note, hoe meer maak die note wat wel gespeel word, sin. Dit was beslis in almal se agterkop met die maak van die album. Die "sweet spot" lê daar waar jou kop en jou hart mekaar ontmoet en rustig gesels oor hul onderskeie motiewe.

Daar's ook ’n paar snitte wat opduik as onmiddellike single-potensiaal – veral "Lights across the bay", "Small town fashion guru" en "The other side" roep omtrent uit dat dit sal verdrink in die play requests op radiostasies. Is dit iets wat in jou skryfproses, en samestellingsproses van ’n album, in die gedagtegang is? Of hoe werk daai oorwegings in jou musikantwees? Hoe verloop jou skryfproses in die algemeen – vandat jy die eerste woord en akkoord neerskryf tot ’n song uiteindelik opgeneem of uitgevoer word?

Ek dink nie aan radio play as ek skryf of komponeer nie, nee.

Dit is bloot idees wat ek so eerlik en hartstogtelik as wat ek kan, probeer strek totdat dit as musiek realiseer.

Die musikante op die album is almal ou kamerade op die blues-toneel, en spesifiek was heelwat saam met jou in Delta Blue van destyds. Hoe waardevol is dit om ’n nuwe album op te neem saam met musikante wat jy al jare lank intiem ken, soos Schalk van der Merwe, Simon Orange en Tim Rankin? Sal jy saam met hulle wil toer, of verkies jy meer solo-optredes deesdae?

Die musikante op die album ken my al lank en was van ontsettend hoë belang in die opneem van hierdie album. Dis ook een van die groot redes hoekom ek weer ’n album gemaak het. Ons het weer lank en gereeld saam opgetree en die tyd was reg.

Ek sal graag saam met hulle wil toer! Ons speel twee launch shows saam: 14 November by Blaauwklippen-wynplaas, Stellenbosch, en 24 November in die Atterbury-teater in Pretoria.

Simon Orange op klawers en Guy Collins op elektriese kitaar sal ook by wees, asook ongelooflike gaskunstenaars soos Rob Nagel van Blues Broers, Ongx Mona, Henry Steel en Luna Paige.

Laas toe ons ’n onderhoud gevoer het, moes jy pas ’n stembandoperasie ondergaan en die toekoms was onseker. Noudat jy kan terugdink aan daardie tyd en ’n glorieryke terugkeer gemaak het (die vocal werk op die album is so befok), hoe dink jy het daardie tyd en die noodwendige skrik wat daarmee saamgaan ’n impak gehad op jou as musikant en jou as mens? Watter soort invloed het dit gehad op hoe jy dink oor musiek en jou verhouding met musiek?

Ja, dit was ’n tyd waarin ek baie onseker was oor my toekoms, maar genadiglik beter uitgekom het aan die ander kant.

Mens leer om niks as vanselfsprekend te aanvaar nie en op te pas wat jy het! Ek lewe meer gesond en is meer rustig oor wie ek is en waarheen ek op pad is.

Image may be NSFW.
Clik here to view.
geraldcoverweb

Wat hou die nabye en verre toekoms in vir Gerald Clark, in so verre jy dit kan beheer?

’n Baie besige somerseisoen en ’n ongelooflike toer deur Suid-Afrika volgende jaar vir ses maande. Ek en die Golden Goose gaan ons land se berge, dale, riviere en oseane verken en musiek maak en skryf. Ek't ’n toer oorsee na die einde van volgende jaar en probeer ook om meer in die VSA op te tree.

Van daar af het ek geen beheer! Dis mos hoe dit hoort?

Wat is die sin van die lewe?

Dit maak sin om soveel ervaring as moontlik te kry terwyl jy soveel avontuur en pret inryg as wat jy kan.

The post Gerald Clark: "My wortels sal altyd ’n blou ondertoon hê" appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20678

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>