ie-ie-ie klein oerter
taaiklong
so sonder adam se hulp benoem
enigmaties én erd- en krimpvarkie
(à la die bietjie Derrida)
én skilpadversigtig vir ore én ratel
ystermagou van die boere
noodrooi ter-
term terma nog net-net nie
terminaal derms so aan eie derma ma
gô ja steeds die gô darem
met die droё gorrel –
onmiskenbare afrikaanse
amper verlore géé
Foto: Scott Hurd
The post ietermago in verkyker appeared first on LitNet.