Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

In memoriam: Leonard Cohen

$
0
0

Foto van Leonard Cohen: wikipedia

Here, beantwoord tog net nie sy gebed nie …

Dit is die een gebed van Leonard Cohen wat sekerlik nooit beantwoord sal of mag word nie: “If it be your will that I speak no more, and my voice be still as it was before …”

Want hoe kan só 'n stem stil word? Sekere stemme word vervang. Opgevolg. Maar Cohen kan nie opgevolg word nie. En juis daarom sal sy musiek bly voortleef. Omdat net Cohen Cohen kon skryf en dink en wees.

Hoe vervang jy Cohen of Dylan, Van Gogh of Shakespear? Nee, jy bly net luister. Want sulke stemme kan nie sterf nie. Die hartseer van hierdie dag, is nie dat 'n stem stil geword het nie – dit wat hy gesê het sal altyd spreek – maar eerder dat sy repertoire voltooi is. Wat ons van Cohen het, hoe onvervangbaar waardevol ook al, is nou al wat ons van Cohen sal hê. En dit maak November 2016 'n hartseer maand.

As jy na musiek soek wat jou laat ontvlug, hou verby hierdie gentleman van die verhoog. Een soos hy was te dapper om jou óm die donker en die seer te neem. Sy musiek is 'n reis tot binne in die donker stukkendheid van die lewe en die liefde. En nou en dan miskien tot deur die donker of dalk net tot naby die lig.

As jy na musiek vir die partytjie soek, hou syne vir die laaste stadiger danse. Daardie danse waar die lyf en die hart eerlik raak. Nou is dit óf net vlees teen vlees in die eensaamheid van begeerte, óf dit is hart teen hart in die onsekerheid van waarheen hierdie liefde op pad is. Of dalk, hier en daar is dit die omhelsing van oneindige liefde. Maar vir seker sal dit hier aan die einde van die dans by jou bly: Só is die liefde. Dit verwonder en dit verwond.

Kerkmusiek sal jy nie hier kry nie. Maar dit sal jou soms wil laat bid. Of wroeg met die stryd en onsekerheid van jou geloof en ongeloof. Beide gelowige en ateïs wil kniel. Want iets van ons gedeelde stryd het 'n stem gekry.

En die stem het stil geword.

En die stem sal nooit stil word nie.

 

  • Cohen, Dylan en Koos: Want die liefde vra gedigte - Koos van der Merwe sing op 17 November 2016 om 20:30  onder andere Leonard Cohen se musiek by Die Boer-restaurantteater. Hier is nog inligting: www.dieboer.com

The post In memoriam: Leonard Cohen appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!