Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Persversklaring: Nuwe boek oor Breytenbach Sentrum – ter viering van tien jarige bestaan

$
0
0

breytenbach_sentrum2

Jou bydrae kan in nuwe boek verskyn!

Die Breytenbach Sentrum op Wellington beplan om volgende jaar ’n boek uit te gee wat hierdie instansie se stories, bydraes en identiteit – alles soos gesien deur die oë van verskeie rolspelers, stigterslede, besoekers en die breë publiek – sal weerspieël.

Volgens Theo Kemp, uitvoerende bestuurder van die Sentrum, is hierdie projek iets wat die Breytenbach Sentrum se identiteit sal probeer peil.  “Die Breytenbach Sentrum, as kultuursentrum, word in 2017 tien jaar oud. Die boek-projek is egter nie noodwendig net ter viering van hierdie mylpaal nie – dit is nie iets waarmee ons wil sê: ‘kyk hoe lyk ons plek, kyk wat doen ons’ nie.  Dit moet veel eerder oor mense se gewaarwording rondom die Sentrum gaan.  Dit gaan nie oor iets wat ons vir die mense wil kom wys nie – eerder oor wat die mense vir óns ten opsigte van die Sentrum en die persepsies, stories, gewaarwordinge en staaltjies daar rondom kan gee,” verduidelik hy.

Daar word beplan om die boek tydens 2017 se Tuin van Digters bekend te stel.  Die Breytenbach Sentrum wil graag almal wat al ooit die Sentrum besoek het, vroeër in die kantore wat daar gehuisves is gewerk het, kennis oor die geskiedenis van die Sentrum het of op enige ander manier met die Sentrum te doen gehad het, uitnooi om bydraes vir hierdie boek te stuur. Dit is ’n ou gebou – oor die 150 jaar – met vele stories (ook van tye lank voordat dit as kultuursentrum ingerig is).

“Die bydraes kan informatief wees, maar sommer ook net gewone staaltjies, ervarings, sienings en stories.  Ons soek regtig reaksie uit alle gemeenskappe.  Die boek gaan oor die mense – enige en alle mense.  Dit kan selfs ’n kind se persepsie, ervaring of storie wees – solank dit eg is,” sê Theo. 

“Skryf hoe die plek of jou besoek hier jou laat voel het.  Skryf hoe die kursus wat jy hier voltooi het jou lewe geraak het.  Skryf wat jy saans hoor wanneer jy hier verbyry.  Skryf oor jou teaterervarings, die kunsuitstallings wat jy hier besigtig het, die mense wat jy hier ontmoet het en die dinge waarvan jy hier hou of nie hou nie.  Skryf wat jy weet, skryf hoe jy voel en skryf soos jy praat,” sê hy.

Enige bydraes kan, saam met duidelike kontakbesonderhede en ’n bondige biografiese oorsig voor 31 Januarie 2017 na zeemans@telkomsa.net gestuur word.  Bydraes mag nie 750 woorde oorskry nie en tekste moet met MS Word versoenbaar wees.  Geen korrespondensie sal tussen die skrywers en die Breytenbach Sentrum of hul redigeerders plaasvind nie.  Die skrywers van bydraes wat in die boek opgeneem word, sal per e-pos in kennis gestel word.  Publikasie van bydraes is geheel en al afhanklik van keuring en die geskiktheid daarvan.

The post Persversklaring: Nuwe boek oor Breytenbach Sentrum – ter viering van tien jarige bestaan appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>