Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21451

Eva, nee, Krotoa se Afrikaans

$
0
0

krotoa_oliviarubriek650

Wanne djy die wêreld self moet beginne vestaan, waa begin djy? Vi wie luiste djy? Wat van jouself laat djy gaan? Wat behou djy? Die wêreld soesit nou lê, draai nie mee nie, dit staan stil, en jou plek, jou hele mens-wies, jou taal, jou culture, jou alles, kan weggevat wôt innie knip van jou oeg. Issitie iets om oo bang te raakie?

Oorie laaste vyf rubrieke het ek baie geskryf oo die taal van my. Soes ekkit praat, soes ekkit vestaan, soes ek sense maak met dit, en van dit. Soes ek wee vedag hie sit en myself reg kry om nog ‘n rubriek te skryf, dink ek, ag wat, daa is sieke biete dinge om oo te skryf dan taal. Ek dink toe om dié kee te skryf oo die anne nasionale krisisse wat nou vi ôs met dik brille en gebalde vuiste staan en aangluur.

Ek dink toe ek sal oorrie water-krisis skryf. Water is mos iets wat ôs amal raak. Die water raak minner en ôs mos net mee en mee, ampe soes die krane nooit sal opdroegie. Wat my die bangste maak issie feit dattie waterkrisis trend nie op enige vannie social media platformsie. Issit net ek, of is daa iets groots fout met dit, wan dit bedoel mos die mense warry nie oor dittie. Ek bedoel, die goed wat nou trend is mos belangrik, reg? But mee belangriker dan water? Soes #Feesmustfall of #Sciencemustfall, of oo Zuma, die “sleepist”, en sy snorkery gedurende Gordhan se speech, of die niewe public protector, of hoekom daa nou soe iewe skielik van die International Criminal Court onttrek wôt. Ek mien maa net ‘n mens moet sieke dink en gesels oo die riedes hoekom die Suid-Afrikaanse gawement nou besluit om hulleself te ontrek van die ICC af.

Dan is daa natuurlik die tax increases vi volgene jaar. Net om vêder vi Zuma en sy manskappe dik te voer, soedat hulle kan vêder maak soes hulle maak.

Slaap .... As daa ooit ‘n parody (nou nie dat daa riede is om een te maakie) gemaak wôt van #NoemmySkollie, dan moet hulle innit act. Hulle lyk soes hulle baie mooi in die   storie van Call me Thief sal inpas. Miskien op ‘n anne kee, but wat nog steeds saak maak vi my en soe belangrik is vi my, is die Afrikaans.

Dis nou al 41 jaar geliede wat die Taalmonument in Paarl oepgemaak was. Innie jaar 1975 was daa ag fakkels gestuur tot in Dal Josefat, Paarl. Daa was meer as ag fakkeldraers wat hulle sole stukkend gehalloep het om die vlam van Afrikaans te dra. My pa, Augus Cornelius Coetzee, was een vannie mense wie daai vlam gedra het. “Ek het uit Mariental uit Keetmanshoop toe gehardloop. Ek het ‘n sertifikaat gekry.” Nou ek wens julle kan vestaan wat dit vi my bedoel om te hoo dat my eie pa, een vannie mense gewies het wat die vlam van Afrikaans hoeg gedra het. Dis mos iets om oo trots te wies? Ek vestaan nooit hoekom dit soe moeilik is vi my mense om te vetel wat hulle gedoen het in die naam van Afrikaansie. Dis soes die sondes van die taal nou somme oek ôs sondes kô raakit. Soes Afrikaans nie een issie. Dis nie die riedes hoekom daai monument opgesit wassie. Soes ek dit vestaaan, was daai monument gedesign om te wys wat Afrikaans is; daar issie ‘n minner of bietere deel van Afrikaansie. Ôs hettie riede om mekaa te misvestaan nie.

Ek het al gehoo hoe die taal van my, Afrikaans, die variant wat ek skryf, en praat, soe different goed genoem word. Dis nou nie soes die goed uit mense se monne kom wattie geleerd issie. Die noemname van die Afrikaans wat ek nou al gehoorit is, gangste-slang, slang, Kombuisafrikaans, hotnot-se-taal, ens. Elke kee wanne ek dit hoo, en soms kom dit uit die mense se monne wie die taal praat, dan gan sit daa soe ‘n vet-gevoel tussen my hart en my longe. Dis ‘n ding van kannie asem haalie, en my hart wat ‘n paar kee haa ritme veloor. Dan wonne ek myself in, is dit wat Krotoa wou gehad het oo die taal wat sy gepraat het? Sou sy soe minderwaardig gevoel het oo die taal wat haa asem vêder gedra het. Ek wietie mee hoe om te voelie, wan kwaad raak maak net niks mee reggie. Dis soes my pa gehaloep het vir ‘n taal wattie syne issie. Dis soes die hotnot-se-taal net genoeg is om innie kombuis te gepraat wôt, nog steeds. Dis soes elke woord wat uit my mont uit klim nie genoeg is virrie wêreld daa buite nie. Dis soes ekkie vestaan wôt ie, wan dié issie mos Standaardafrikaansie.

Ek kan onthou hoe ek my dialek veloo as ek ‘n anne plek gaan kuier waa die mense ‘n veskillende dialek praat Ek het altyd gevoel soes ‘n fraud, wan ek kon nooit my taalgebruik maintain hettie. Maak nou nie saak as ek hie, in Namibië of daa innie Kaap wassie. Ek het gevoel soes ‘n vekleuremannetjie. My taal het gechange daa wat ek gegan het. Soes ek ouer raak vestaan ek dat die vekleuremannetjie-storie oo meer gaan as net om te adapt met my omgewing. Dit is meer as net een dialek afstaan vir ‘n anne ene. Vi my voelit dat dit mee gaan oo die ability om te transform om te kan stap innie strate waa my voete my lei. Dis soes Krotoa gemaakit. Sy’t geadapt, sy’t gegroei om te kan stap innie strate waa haa voete haa gelei het. Ooit gewonne wat sou gebeurit as die Nederlanders nie soe eina oo hulle taalgebruik was nie? Miskien sou hulle die Khoi se taal geleerit, en met dit sou daa ‘n different taal gebore was, een wat meer Khoi in het as enige iets anners. Miskien sou die taal wat ôs vedag gebruik, nie bestaanitie. Miskien sou Krotoa nooit Eva gewort hettie. Miskien sou dinge differently uitgedraai het. Miskien sou die Taalmonument nooit sy staan gekry het daa op Paarl se berg nie. Miskien sou die apartheid-gawement nie ‘n taal gehad het om op te morsie. Miskien sou apartheid nie eens bestaanitie. Ek weet dié is mos nou ‘n hele klomp “miskiene” wat mos nou niks sal veander in die huidige status van dinge wat nou biesag is om te gebee nie. Dis soes ôs veby mekaa praat. Babel op sy beste, lyk dit vi my. Dis soes Krotoa se “hanne-wêk” oo getrap wôt. Dis soes al die anne mense wie baklei het vir ‘n bietere liewe vi amal se “hanne-wêk” vir ‘n joke gevat wôt.

Ek wens nog steeds ek het gewiet van Adam Small toe hy nog geliewe het. Miskien as ek hom moes hoe praat, dan sou ek gouer wakke geskrik het. Miskien sou ek gouer vestaan het wat ek aan myself en my veliede doen toe ek Afrikaans omgeruil het vi Engels. Miskien sou Mr Small se wêk my laat bieter vestaan het, hoekom my tong, my taal soe belangrik is, en nie belaglik issie. Dis ‘n variant of ‘n dialek van Afrikaans, dissie Afrikaansie. Ek wietie van julle nie, but ek’s nou net skoon moeg vannie hele storie van dié se Afrikaans is bieter dan daai Afrikaans. Die lyne wat ôs as mense soe divide maak dinge net moeiliker. In elke plek, in Suid-Afrika of Namibië, waa daa Afrikaans gepraat wôt, veskil die taalgebruik. Die hele houding van myne is suiwer en joune is veil, help rêrig niemantie. Dis hoekô Nathan Trantraal soe maklik kon sê dat Mr Small nie die reg het om in Kaaps te skryfie. Dis maa dieselle. Dis Shimmy Isaacs, die komediant, wat een kee vetel het hoe lekke dit vi haa was om Afrikaans te hoo in New York. Toe sy omkyk, was dittie ‘n mens van haa kleur vellie, but dit hettie saak gemaakie. Afrikaans, is Afrikaans.

Ek wiet baie van julle sallie met my saamstemmie, wan daa is mos nou die politiek van taal en taalgebruik wat mens mos maa altyd aan vashou. Dis sieke maa okay, as djy soe daaraan wil dink. Toe daai groep wie die GRA sou raak, bymekaa gekomit en besluit het wie en wat Afrikaans sou raak, kon hulle sieke nooit gedroemit hoe dit sal uitdraai nie. Ampe 150 jaa geliede het die “Afrikaander”, soes hulle hulleself genoemit, die taal hulle eie gemaak. Wan dit was net te veel om deel te wies vannie slawe ennie bruin Afrikaners wie die taal gepraat het. Soe swak is die storie dat een vannie oudste, en wat oek die meeste gepraat wôt, variant van Afrikaans nie eens ‘n woordeboek hettie. Miskien is dit tyd dat die taal wat Afrikaans is, heeltemal gestandardised wôt. Miskien assie Bybel getranslate wôt in al die variante van Afrikaans, dan sal ôs miskien beginne praat met mekaa. Miskien kan ôs dan mekaa hoo, wan die Bybel sê mos eer jou pa en jou ma, en dit sê oek, moetie katterig wies met jou neighbour nie. Wan dis mos hoekal daa wat dit begin, daa byrie Bybel. Soe wanne die heilige woord in ‘n taal getranslate wôt wat mens vestaan in sy eie reg, dan issie res mos maklik, of hoe? Miskien as ôs vestaan wat dit is om wee mens te wies, soes die heilige boeke dit vooskryf, en ôs kan dit leer in ôs se eie taal, miskien sal dinge different wies

Miskien sal die monument vi Afrikaans nie net geboue op berge is nie, but anne goed wat die elke dag se mens kan vas hou aan. Miskien sal boeke, films of songs die status kry van monumente-wies-van-Afrikaans, in al haa reënboog-gekleurde vel. Kyk, soes die teaterstuk Afrikaaps sekerlik kan ôs dit omhoog hou. Sekerlik kan dit beskou wôt as ‘n monument van Afrikaans.

Laat ek gou net ‘n NB hier insit en sê dat miskien is dit tyd, vi die beswil van amal en amal se tonge, dat ôs nou uit die boks uit begin dink. Die digital wêreld waarin ôs nou bly, moet sekerlik vi ôs wys dat ôs soeveel mee kan saam doen as om tien mekaa te wêk. Miskien as elke een die heilige boeke van ôs tye kan vestaan in hulle eie tong, dan sal hulle onthou van hulle mens-wies en nie net hoo wat die priester of dominee vi hulle vooskryfie.

Hier onne vetaal ek Psalm 43 van Dawid in ‘n taal wat ek vestaan en soes ek die psalm vestaan.

Psalm 43

"Stuuran U lig en U waarheit"   

Liefde,
Moet my toggie veoodeel, o God
Beskerm my tog teenie gangstes,
Van dié wat innie straate loep,
tot daai wat die gawement ennie kerke se banke vol sit,
Maak tog my pad skoon vannie vullis
wat vegiet het wattit is om mens te wies.
Help my om weg te kom van
Hulle valsigheid en misdade af,
Wan ek kan net skuiling vind onne jou kleed.
Waarom verstoot U my dan nou?
Hoekom moet ek allien warrie
oo die vullis wat vegiet het van hulle mens-wies
Hoekom moet ek op my knieë voo hulle staan,
My God, waa is djy dan?

Laat U lig binne-in my hart klim,
Laat U waarheid my hele liggaam toevou,
Laat dit my lei deurie donke,
Tot daa, voo U hek, voo U huis, voo U deu,
Tot op U heilige grond,
Liefde nooi my in soedat ek
Daa voo U altaa kan staan,
Soedat die hêppiness wat ek voel oo U
My liggaam kan ooniem.
Soedat ek U kan prys met alles wat ek is,
Liefde, lei my hart.

Mens, hoekô gat djy soe aan?
Hoekô gloe djy nie?
Vertrou op God, want God is Liefde, en Liefde is God
Ja, ek sallie ophou sing vi Liefde nie,
‘n lied vol prys en eer,
Want God-die-Liefde is my God
Liefde is my helper en my God.

Op ie oudedom van 16 was ‘n Goodhope fm dj by ôs skool. Hy het met ‘n mic innie ronte geloep om kinnes te vra wie hulle is en waa vandaan hulle kom. Ôs almal het oppie netbalbaane se sementblad gesit. Hy’t voo my kô staan, en hy’t my gevra: “So who are you and where you from?” Heelwat op sy nerves. Ekkit hom boe oo my brille gekyk en stadig gesê: “Ek is Livy. Vannie Rive.”

Bly te kenne!

The post Eva, nee, Krotoa se Afrikaans appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21451

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!