Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Stellenbosch se Vergenoeg: Die pad vorentoe

$
0
0
  1. Inleiding

Die bekende hangbrug of swaaibrug (foto 1) oor die Eersterivier in Stellenbosch is ʼn gerieflike toegangsroete vir voetgangers na die plaas Vergenoeg, wat aan die voet van Stellenboschberg (foto 2) geleë is. Die naam Vergenoeg beteken volgens die Woordkeusegids (1992) tevrede, tevrede gestel, gelukkig of gelukkig maak (ww), voldaan, of bevredig.

Omdat hierdie grondgebied  ʼn besondere voortreflike ligging het, byvoorbeeld ‘n noordnoordoostelike rivierfront van 519 meter langs die Eersterivier en naby Stellenboschberg en langs die plaas Coetzenburg geleë is, wonder ʼn mens onwillekeurig wat presies oor die langtermyn vir Vergenoeg in die vooruitsig gestel word. Is dit moontlik om hierdie besondere ekosisteem te bewaar en dienooreenkomstig te benut sodat die ontstaan van ʼn moontlike teenproduktiewe en sluimerende "onvergenoeg(d)heid" ten alle koste voorkom word? Gaan "gelukkig maak" sy naam in die toekoms gestand doen?

Die hangbrug (voorsien deur outeur)

Die plaas Vergenoeg aan die voetheuwels van Stellenboschberg (voorsien deur outeur)

Vergenoeg (plaasnommer RE 1022) is ʼn restant ("remainder of") van die plaas Mt Happy (plaasnommer 321)¹ waaruit dit destyds onderverdeel is. Dit is ʼn besondere klein plasie wat slegs 2,85 hektaar beslaan en vanuit die lug gesien soos ʼn strikdas (sien foto's hierbo) vertoon. Volgens oorlewering is destyds (sedert 1966 toe die Universiteit Stellenbosch die grondgebied bekom het), ʼn glykabel aan die stam van ʼn bloekomboom (tans nog sigbaar) vasgemaak. Studente kon met die spoed van lig avontuurlik afgly tot in ʼn swembad (of eerder ‘n ronde sementdam) wat steeds op die lugfoto’s  sigbaar is. Hierdie aktiwiteit is egter deur die universiteitsowerhede gestaak nadat ʼn ernstige ongeluk hier plaasgevind het.

Vergenoeg was ook bekend gedurende die laat sestiger- en vroeg sewentigerjare as ʼn venue tydens die jaarlike US Karnaval, en selfs historiese artefakte is al op hierdie plaas opgetel (sien derde foto hieronder).

Grense van en Vergenoeg en sigbare sementswembad (met erkenning aan Fasiliteitsbestuur, US)

Die ruimtelike ligging van Vergenoeg (Fotobron Google Earth)

Historiese metaalspyker op Vergenoeg gevind (deur outeur voorsien) 

  1. Geskiedenis

Volgens Transportakte Nommer 5302 het J.E. de Villiers die grond op 13 September 1860 bekom. Na verskeie opeenvolgende oordragte in 1913 en 1946 het Gretha Rawetzky (van Duitse afkoms) op 11 Januarie 1952 die plaas by die weduwee Alice Evelyn Fryer vir die bedrag van 8 000 pond sterling gekoop.

Die grens tussen Vergenoeg en Coetzenburg (sien foto hieronder) word soos volg in Transportakte D.24870, 1965 beskryf: punt A¹ is die middelpunt van die Eersterivier; punt A is ʼn halfduim by agtienduim ysterpen ingemessel op ʼn granietrots; en by punt D is daar geen behoorlike baken nie. Die draadheining wat destyds hierdie grens verteenwoordig het tussen Coetzenburg en Vergenoegd was ook by tye ʼn bron van (ligte) friksie tussen die partye, soos duidelik blyk uit ʼn uittreksel uit die US Raadsnotule van 1962-'63 wat hieronder in die teks ingesluit word.

Op 11 Maart 1966 word Vergenoeg deur die Rawetzky’s aan die Universiteit Stellenbosch vir R30 000 verkoop. Die universiteit het op 30 Oktober 1969 (US Raadsnotule, 1969) besluit om die westelike gedeelte van Vergenoeg tot ʼn ontspanningsoord vir studente te ontwikkel teen ʼn beraamde koste van R100 000 en met N Meyer as argitek. Die gevaar van oorstromings moes ook verder ondersoek word.

Uittreksel uit US Raadsnotule, 1962-3 met erkenning aan die US Argief

Suidwestelike grens met die plaas Coetzenburg (volgens Transportakte D24870, 1965)

Op 23 Oktober 1969 dien die rapport die Sportkomitee by die Raad in verband met die toegang tot en die aanbring van sportgeriewe by Vergenoeg:

Uittreksel uit US Raadsnotule, 1969 met erkenning aan die US Argief

Uittreksel uit US Raadsnotule, 1969, met erkenning aan die US Argief

In die Raadsnotule (1975) word die onderstaande aanbevelings in verband met Vergenoeg opgeteken:

Uittreksel uit US Raadsnotule, 1975 met erkenning aan die US Argief

  1. Die toekoms

Wat behels die pad vorentoe vir Vergenoeg?

Die universiteit het aanvanklik in die sestigers en sewentigers innoverende planne vir Vergenoeg gehad wat selfs ʼn amfiteater vir groot groepe toeskouers ingesluit het, maar wat ongelukkig nooit heeltemal gerealiseer het nie.

Volgens die US se Afdeling vir Fasiliteitsbestuur word tans ʼn metaplan vir die ekosistemiese ontwikkeling van die groter berggrondgebied opgestel. Dit strek van Welgevallen-proefplaas tot by Vergenoeg. Die plan is ambisieus, ondernemend en behoort sterk ondersteuning van alle relevante partye te ontvang.

Selfs ʼn klein begin wat nie groot finansiële uitgawes verg nie kan oorweeg word, soos restourasie van die geboue, die sloping van die onooglike en grafitti-besmeerde murasie op plaasnommer 321, die herbeplanning van die tuine, verwydering van indringerplante soos turksvybosse (sien op foto), die aanplanting van olyfbome aan die suidwestelike hange van Vergenoeg en aansluiting by plaasnommer 321, asook die oprigting van ʼn berghut waarvandaan daguitstappies deur inwoners, studente en toeriste onderneem kan word en begelei kan word deur ervare bergklimmers wat goed vertroud is met die roetes teen Stellenboschberg.

Die Universiteit Stellenbosch, die gemeenskap en die munisipaliteit sal trots wees daarop dat Vergenoeg die betekenis van sy naam letterlik en figuurlik in stand hou, en die US speel dan ook in dieselfde  liga as byvoorbeeld die universiteite van Reading (VK) en Lincoln (NZ) wat plase besit en produktief en innoverend bestuur.

Begin van voetslaanpad. Turksvyplante wat verwyder kan word. Hellings wat met olyfbome beplant kan word.

Bronne

Argief, Universiteit Stellenbosch

         Matieland 1969 en 1987

         US Raadsnotules 1962-3, 1969 en 1975

 

Harteveldt, P, LG de Stadler en DC Hauptfleisch. Woordkeusegids: ‘n Kerntesourus van Afrikaans

Transportaktes

         Nommer 5302 (1952)

         Nommer D24870 (1965)

         Nommer 2503 (1966)

 

Eindnotas

¹ Mt Happy is die huidige naam vir die grondgebied waaruit plaasnommer 321 vandag bestaan (kyk foto hieronder).

Mt Happy (Fotobron: Topgrafiese kaart  1; 50 000, Pretoria: Staatsdrukker, 1949)

Hierdie grond (gedeeltelik eiendoms- en gedeeltelik vrygekoopte erfpaggrond) is in 1860 aan JS de Villiers as plaasnommer 263 toegeken).

Die aard van grondgebied en die aanliggende plase (voordat plaas 263 uitgemeet is, dus voor 1860) word aangedui in die foto.

Plaasnommer 263 (Fotobron: Kaart 1: 12 500, Stellenbosch and Surrondings, 1936)

Ligging van plase voor 1860 (Fotobron:  The Southwestern Cape Colony 1657- 1750. Freehold Land Grants. Department of Geography, University of Waterloo)

           

² Die volgende persone word bedank vir hul bereidwilligheid om behulpsaam te wees en insette te lewer en sodoende die kwaliteit van die artikel verbeter het:

  • Me Gretha Jacobs, Fasiliteitsbestuur, Universiteit Stellenbosch
  • Me Hannelie Jonker, Stellenbosch Museum
  • Me Ilze Couvaras, Munisipaliteit Stellenbosch
  • Me Karlien Breedt, Argief, Universiteit Stellenbosch
  • Me Ragmah Abrahams, Fasiliteitsbestuur, Universiteit Stellenbosch
  • Me Roline Campher, Keller Williams, Stellenbosch
  • Me Wilma Viljoen, Transportakteprokureur, Paarl
  • Mnr Hennie van Heerden, Harcourts, Stellenbosch

The post Stellenbosch se Vergenoeg: Die pad vorentoe appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>