Woorde uit my hand
skop rebels vas teen rym en melodie
en dans sonder wals of sakkie sakkie, toi-toierig uit my pen.
Sonder rym, want vrye vers wen.
Met die klik van my tong uit ergernis wat my soos ʼn Boesman laat klink.
Sonder Xhosa, Zulu of Khoi, ʼn klik in my taal.
Omdat die voorstedelike verligtes ook van my ʼn "victim" maak.
Sou ek ʼn "victim" bly is ek "victorious"?
Of brandmerk ek ook my dialoog met petrolbom en breek
om in regte met ʼn Molotov in my hand op straat te studeer.
The post Regstudies appeared first on LitNet.