Fiksie
Chanette Paul
R260.00
ISBN: 978-0-7993-8132-0
Caz Colijn is terug en daar is ’n hengse klomp ongeslypte diamante in haar besit.
Chanette Paul se Offerlam was ’n blitsverkoper en lesers kon nie wag om hulle hande op die volgende roman in hierdie tweeluik te lê nie. Wel, hier is dit. Offerande het geland.
Die spanning is dadelik snaarstyf, want ’n klein beriggie in die koerant maak ’n hele klompie mense bewus van die beelde wat Caz geërf het; en talle weet wat in daardie beelde moet wees. Is dit waarom haar eksman skielik opdaag? Is dit waarom ’n Kongolese vrou haarself voordoen as kunshandelaar en 2 000 Euro aanbied vir dáárdie beeldjie? Is dit waarom daar op bladsy 100 reeds talle lyke rondlê?
Sorg dat jy genoeg koffie het. Hierdie boek is DIK, maar jy gaan dit wil deurlees.
Bestel pizza vir die kinders, los die mikrogolfinstruksies by die Woollies-kos in die vrieskas sodat jou partner iets kan eet, en verkoop jou aandele in die naelknippermaatskappy.
Dina Botha
R200.00
ISBN: 978-0-7993-8133-7
Zelda Fourie wou haar man verras. In die slaapkamer tref sy hom egter aan – in hulle bed – met ’n ander vrou.
Oor die volgende klompie dae word sy gekonfronteer met skuldgevoelens oor ’n huwelik van meer as twintig jaar wat nou aan skerwe lê. Sy het alles gedoen en gegee om vir haar man en seun ’n gerieflike en goedversorgde huis te gee. Haar dagtake het sy met entoesiasme aangepak, daarom maak dit haar man se verraad ondraaglik.
Op aandrang van ’n vriendin, maak Zelda ’n afspraak met ’n prokureur, Frans Malan. Sy hou nie van die kil sakeman wat sy daar in die kantoor raakloop nie.
Toe Frans haar egter ’n paar dae later met miergif betrap, dwing hy haar om eers asem te skep in ’n koffiewinkel. Hierdie gesprek, weg van sy lessenaar, sou toe nie die laaste een wees nie.
Zelda ontdek uiteindelik soveel goed wat sy haarself nooit veroorloof het nie, is eintlik soet, suikersoet.
En die miergif? Kyk maar self of die res van die verhaal dit nog nodig het.
Chanette Paul
R260.00
ISBN: 978-0-7993-8144-3
Waar skuil die bose in Eden?
Is Eva van Eden ’n heks, of ’n engel? Is Paradyskloof die voorpoorte van die hemel, of ’n Satansnes?
Xanthe Tredoux moet dít gaan uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur.
Die werklikheid waarmee Xanthe by die sogenaamde holistiese oord te doen kry, is surreëel: die kasteelagtige huis, die meer, tematuine, labirint en ondergrondse tonnels. Die rituele verwar haar net soveel soos die vreemde gaste. Wat haar egter die meeste verwar, is Math Stone se betrokkenheid; ook dat Eva al hoe meer soos ’n engel begin lyk.
As Eva egter nie die skuldige is nie, is iemand anders besig om die septer van die dood op Paradyskloof te swaai, want twee gaste het reeds aan die hand van “Moeder Natuur” gesterf.
Dan word dit duidelik dat Xanthe volgende in die visier is.
Fortuin is die tweede spanningsroman in die Gys Niemand-reeks wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk. Hulle is so gewild dat LAPA die reeks nou reeds ’n derde keer uitgee. Die eerste boek in die reeks is Springgety. Boheem en Meetsnoer volg hierop en Dryfhout, die vyfde boek, sluit die reeks af.
Niefiksie vir die jongspan
Dorling Kindersley
R400.00
ISBN: 9780799379266
Waar is die eerste Olimpiese Spele gehou? Hoeveel bene is in jou liggaam? Watter reptiele van Nieu-Seeland het saam met die dinosourusse geleef? Watter soogdiere kan vlieg?
Hoe word ’n ster gebore? Hoeveel atome is daar in ’n waterdruppel? Wat gebeur as jy ’n peperment in gaskoeldrank gooi?
My eerste ensiklopedie, ’n deeglike hardeband van 312 bladsye, is ’n ideale eerste naslaanboek vir jong slimkoppe wat gretig is om meer oor die wêreld rondom hulle uit te vind. Hierdie fantastiese, omvattende ensiklopedie moedig kinders aan om die wêreld te verken en selfstandig te leer. Met boeiende volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, dek die boek onderwerpe soos geskiedenis, aardrykskunde, diere, plante, mense, wetenskap en die ruimte – die ideale wegspringplek om ’n lewenslange belangstelling in ons fassinerende wêreld te kweek en die perfekte ensiklopedie vir jong lesers!
Jaco Jacobs en Fanie Viljoen
R60.00
ISBN: 9780799379150
Watter land het die meeste skape ter wêreld? Hoeveel weeg die grootste bees?
Hoeveel melk kan ’n koei per dag gee? Hoe word ’n skaaphond afgerig om op die plaas te help?
Jy sal al die antwoorde in hierdie fantastiese feiteboek kry! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van plaasdiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry! Leer meer oor beeste, perde, skape, bokke, hoenders en ander plaasdiere, en loer in by ’n paar interessante en ongewone plase en ontmoet die diere wat daar woon.
Maklik, vinnig, lekker en plaaslik beskikbaar
LAPA se Lekker & Vinnig-reekse is trots Suid-Afrikaans. Ons kyk na internasionale tendense en pas dan die resepte aan by produkte wat plaaslik in die meeste supermarkte beskikbaar is. Elke boek bevat 20 smaaklike resepte vergesel met volkleurfoto’s.
R55.00
ISBN: 9780799379761
Vrugte bly een van die beste maniere om Vitamien C en gesonde vesel in ons mae te kry. Hierdie boek bied inspirasie om net daardie iets anders te doen, sodat die jong- en ouerklompe sal smul.
Lekker & Vinnig 8: Lekker Wraps
R55.00
ISBN: 9780799379778
Die woord en die idee het van buite ingewaai, ons het dit aangepas by die Suid-Afrikaanse koper. Twintig heerlike idees om honger magies te vul.
R55.00
ISBN: 9780799379785
Koop die boek hier.
Ou resepte, met ’n moderne sprankie: boonop nou bekostigbaar en gemaak van produkte wat jy in jou plaaslike supermark behoort te kry.
Easy, quick, tasty and locally available
LAPA's Quick & Tasty series is proudly South African. We look at international trends and adapt the recipes so that you should be able buy the ingredients in most supermarkets. Each book contains 20 delicious recipes accompanied by full-colour photographs.
R55.00
ISBN: 9780799379792
Fruit remains one of the best ways to ingest Vitamin C and healthy fibre. This book provides inspiration for that something special; making fruit more exciting for young and old.
R55.00
ISBN: 9780799379815
Wraps took South Africa by storm. We have created recipes for the South African housekeeper. The book contains twenty delicious ideas to fill hungry stomachs.
R55.00
ISBN: 9780799379815
These are old ideas with a modern spark, now also affordable and made from ingredients you should find in your local supermarket.
Romanza
Meneer Perfek
Cecilia Nortjé
R85.00
ISBN: 978-0-7993-8120-7
Liela en die eksentrieke Fensham word mede-eienaars van haar ouma se teaterrestaurant, Die Mal Perd, in Johannesburg. Sy hoop om weer die bande met haar jeugliefde, Magnus op te neem, maar dis gedagtes oor Fensham wat haar saans wakker hou.
Alma Carstens
R85.00
ISBN: 978-0-7993-8121-4
Tien jaar gelede het Kara Nikla se hart gebreek toe sy hom vir ’n ryk Engelsman gelos het. Nou moet sy bakhand na Wiesenhof terugkeer en Nikla is al een wat vir haar werk het. Maar voel hy ook steeds dieselfde oor haar?
Rosita Oberholster
R85.00
ISBN: 978-0-7993-8122-1
Hannah Malan vlug die Sederberge in nadat haar verloofde haar soos ’n warm patat voor die kansel gelos het. Sy beland op Koelstroom waar ’n spierpaleis met ’n afskuwelike baard haar siel om elke hoek en draai versondig.
Mattie Pansegrouw
R85.00
ISBN: 978-0-7993-8123-8
Na haar ma se verraad vlug Natildi van die huis af en beland in ’n paradys buite Heideville. Hier ontmoet sy Riccardo, die enigste persoon met wie sy spontaan kan gesels. Maar steek hy dalk iets weg?
The post Nuut by LAPA in Oktober appeared first on LitNet.