Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21983

VVA se Boektrommelprojek bring leesvreugde na Stellenbosch se laerskole

$
0
0

Robin Hendrikse, Shireen Crotz, Shannon Williams, Chareldine van der Merwe, Melanie Moolow, René Christians

........
Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, het op 17 en 18 Junie 2025 ’n merkwaardige mylpaal bereik deur aan 21 laerskole in die Stellenbosch-omgewing boektrommels te skenk.
........

Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, het op 17 en 18 Junie 2025 ’n merkwaardige mylpaal bereik deur aan 21 laerskole in die Stellenbosch-omgewing boektrommels te skenk.

Hierdie oorhandiging, wat by die VVA se kantoor in Stellenbosch plaasgevind het, is moontlik gemaak deur die vrygewige befondsing van die Het Jan Marais Nationale Fonds (HJMNF).

Die boektrommels, elk gevul met ongeveer 100 geskikte, heerlike en boeiende leesboeke sowel as opvoedkundige toerusting, is spesifiek bedoel vir graad R-klasse om vroeë geletterdheid te bevorder en ’n liefde vir lees aan te wakker.

Die boektrommelprojek is die VVA se vlagskipprojek. Die boektrommels word aan verdienstelike skole en goedbestuurde kleuterskole geskenk.

Om geld te bespaar en terselfdertyd ’n blywende, betekenisvolle verskil te maak met boeke en goed opgeleide onderwysers en praktisyns wat die werk kan voortsit, sluit die projek die volgende in:

  • Boekverspreiding: Boektrommels word geskenk aan verdienstelike kleuterskole, graad R-klasse en laerskole.
  • Boekopvoeding en storievoorlesing: Kinders leer die waarde van boeke ken en ontwikkel ’n liefde vir lees deur stories.
  • Voorleeswerkswinkels: Ouers, belangstellendes en onderwysers (vroeëkinderontwikkeling-praktisyns) kry opleiding om voor te lees.
  • Leeskonferensies: Byeenkomste om lees te bevorder.
  • Ouersessies: Geleenthede om ouers by leesaktiwiteite te betrek en te ondersteun.

Graad R is die eerste tree in ’n kind se opvoedkundige reis en speel ’n deurslaggewende rol in die bereiking van ontwikkelingsmylpale. “Die eerste sewe jaar van ’n kind se lewe is die belangrikste fase vir ontwikkeling,” sê Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA.

“Deur kinders vroeg aan boeke bloot te stel lê ons die grondslag vir lewenslange leer en bemagtiging,” sê sy. Die boeke bied nie net toegang tot stories nie, maar ondersteun ook opvoeders om ’n woordryke omgewing te skep waarin kinders, insluitend eerste-, tweede- en derdetaalsprekers van Afrikaans, kan floreer.

Die boektrommelprojek is daarop gemik is om ’n leeskultuur in gemeenskappe landwyd te bevorder. Benewens die verspreiding van boektrommels aan verdienstelike laerskole en goedbestuurde kleuterskole, sluit die projek ook boekopvoeding, storievoorlesings, voorleeswerkswinkels vir ouers en opvoeders, leeskonferensies, en ouersessies in.

Die waarde van ʼn boektrommel is ongeveer R9 500 en daar word sowat 60 boektrommels per jaar versprei. Die gemiddelde aantal kleuters/leerders per klas is ongeveer 40 tot 60. Met die boektrommels word daar aan sowat  32 000 leerders toegang tot boeke per jaar gebied.

Hierdie jaar het die VVA, benewens die 21 laerskole, ook 13 kleuterskole in die Stellenbosch-omgewing van boektrommels voorsien, danksy volgehoue ondersteuning van donateurs.

........
Hierdie jaar het die VVA, benewens die 21 laerskole, ook 13 kleuterskole in die Stellenbosch-omgewing van boektrommels voorsien, danksy volgehoue ondersteuning van donateurs.
........

Die VVA se werk is veral relevant in die lig van Suid-Afrika se leeskrisis. Die leeskrisis in Suid-Afrika is ’n ernstige uitdaging, soos beklemtoon deur die 2021 PIRLS-verslag, wat toon dat 82% van graad 4-leerders nie met begrip kan lees nie. Dit word vererger deurdat ’n derde van ouers nooit vir hul kinders stories vertel nie, en 50% nog nooit vir hul kinders voorgelees het nie.

........
Lees is die grondslag van alle leer, en ‘n gebrek aan geletterdheid beperk kinders se vermoë om akademies te vorder en kritiese denke te ontwikkel.
........

Lees is die grondslag van alle leer, en ‘n gebrek aan geletterdheid beperk kinders se vermoë om akademies te vorder en kritiese denke te ontwikkel. Faktore soos beperkte toegang tot boeke, onvoldoende vroeë kinderontwikkeling, en ’n gebrek aan leeskultuur in huise en gemeenskappe dra tot die krisis by. Inisiatiewe soos die VVA se boektrommelprojek poog om hierdie probleem aan te pak deur vroeë blootstelling aan boeke en storievoorlesing te bevorder.

Shireen Crotz van die VVA spreek opvoeders toe tydens die boektrommeloorhandiging.

“Deur kinders aan boeke bloot te stel, bemagtig ons hulle om onafhanklike denkers en empatiese individue te word wat hul regte ken en vir hulleself kan sorg,” sê Van der Merwe.

Dit is uiters belangrik vir kinders om van ’n jong ouderdom af te leer lees, aangesien die eerste ses jaar van ’n kind se lewe die mees kritieke periode vir breinontwikkeling is. Lees lê die grondslag vir alle leer en het verreikende voordele, soos:

  • Kognitiewe ontwikkeling: Lees stimuleer breinaktiwiteit, verbeter konsentrasie, en bevorder probleemoplossingsvaardighede. Dit help kinders om woordeskat, begrip, en logiese denke te ontwikkel.
  • Taalvaardighede: Vroeë blootstelling aan boeke bou ’n ryk woordeskat en verbeter kommunikasie, wat veral vir eerste-, tweede-, en derdetaalsprekers belangrik is.
  • Emosionele en sosiale groei: Stories help kinders om empatie te ontwikkel, waardes te vorm, en komplekse emosies te verstaan deur karakters se ervarings.
  • Akademiese sukses: Kinders wat vroeg lees, presteer beter op skool, aangesien geletterdheid die basis vir vakke soos wiskunde, wetenskap en geskiedenis is.
  • Lewenslange voordele: ’n Liefde vir lees bevorder onafhanklike denke, kreatiwiteit en selfvertroue, wat kinders bemagtig om hul regte te ken en vir hulleself te sorg.

“Ons probeer ’n volhoubare impak maak deur al hierdie elemente te integreer,” verduidelik Van der Merwe. “Ons wil kinders nie net boeke gee nie, maar ook die waarde daarvan laat besef en ’n roetine van lees aanmoedig.”

Die Suid-Afrikaanse leeskrisis, waar 82% van graad 4-leerders nie met begrip kan lees nie, onderstreep die dringendheid hiervan. Sonder vroeë leesintervensie loop kinders die risiko van akademiese agterstand en beperkte geletterdheid.

Die VVA glo dat lees aangeleerde gedrag is wat deur die voorbeeld van volwassenes gevorm word. “Net soos ’n atleet moet oefen om te presteer, moet kinders gereeld lees om goeie lesers te word,” voeg Van der Merwe by. Deur boeke en storievoorlesing bevorder die VVA nie net geletterdheid nie, maar ook waardes en verbeelding.

Die VVA se boektrommelprojek is ’n bewys van die krag van gemeenskapsbetrokkenheid en die transformerende waarde van lees. Deur hierdie inisiatief word duisende kinders in Stellenbosch en verder bemagtig om die vreugde van stories te ontdek en die grondslag vir ’n suksesvolle opvoeding te lê. Soos die VVA voortgaan om lees te bevorder, bly hul visie duidelik: ’n wêreld waar elke kind in ’n woordryke omgewing grootword en die geleentheid kry om ’n lewenslange leser te word.

........
Soos die VVA voortgaan om lees te bevorder, bly hul visie duidelik: ’n wêreld waar elke kind in ’n woordryke omgewing grootword en die geleentheid kry om ’n lewenslange leser te word.
.........

Die VVA se boektrommelprojek is afhanklik van skenkings en vennootskappe om sy impak te vergroot. “Boeke is nie ’n luukse nie, maar ’n noodsaaklikheid vir ons kinders se toekoms,” beklemtoon Van der Merwe. Enigiemand wat wil bydra, kan ’n donasie maak om die verspreiding van boektrommels moontlik te maak. Die bankbesonderhede is:

Bank: Absa
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728 (Tjekrekening)
Takkode: 632005
Verwysing: VVA Boektrommels

Vir meer inligting of om betrokke te raak, kontak Chareldine van der Merwe by 021 880 1761 of chareldinev@atkv.vva.org.za.

Lees ook:

Onderwyshulp: Hoe wyd lê die betekenis van lees? Die toepassing van metakognisie en modellering

VVA-Leeskonferensie: "Elke kind wil lees"

Kinderliteratuur se komvandaan tot vandag

The post VVA se Boektrommelprojek bring leesvreugde na Stellenbosch se laerskole first appeared on LitNet.

The post VVA se Boektrommelprojek bring leesvreugde na Stellenbosch se laerskole appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21983


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>