Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21983

Persverklaring: RSG Radioteater, Die laaste ontsnapping op Donderdagaand 19 Junie om 20:00

$
0
0

Van links na regs: Eddie de Jager, Mortimer, André Odendaal, Phillru van Achterberg, Cassius Davids, Donoven Pietersen, JJ Roberts, Annerle Barnard en Stefaans Coetzee

Die meeste mense is geïnteresseerd in die tronk. Die skrywers van Die laaste ontsnapping, Stefaans Coetzee en Annerle Barnard, wil luisteraars ’n blik in daardie onbekende wêreld gee. Vyfster vir die radio.

Tronk is egter meer as geweld, seks en dwelms. Daarom het die skrywers besluit om ’n mensstorie te vertel.

Lupin, ’n gewese restauranteienaar (65), hou die rekord vir die meeste ontsnappings uit Suid Afrikaanse tronke. Hy wil nie in die tronk sterf nie, maar is te oud om te ontsnap. Hy vra vir Roux Steyn – die antiheld van sel ses – om hom dood te steek. Roux weier – hy is immers ’n bendelid en dwelmsmous; en geen assassin nie. Hy besluit om eerder vir Lupin te help ontsnap.

Maar in die tronk kry ’n gevangene tot twee jaar af as hy ’n ontsnapping rapporteer. Gaan Lupin daarin slaag om te ontsnap, of gaan Roux sy vriend doodsteek?

’n Korrektiewe fasiliteit is ’n ander wêreld. Dit kan nie met die gewone, alledaagse lewe vergelyk word nie. Elke gevangene leef in sy of haar eie wêreld met ’n unieke realiteit. Dit moet nie ’n verrassing wees om ’n opgespeelde klavier of ’n ketel in ’n slaapsaal op te merk nie. Luukshede word bekom deur fyn beplande besoeke en gunsies in ruil vir iets.

JJ Roberts en André Odendaal, Agter Cassius Davids en Phillru van Achterberg

Die laaste ontsnapping is losweg gebaseer op die lewens van werklike karakters. Dit gee ’n blik op oomblikke aan die binnekant wat andersins vir diegene aan die buitekant onrealisties en verregaande sou wees. Sonder om te veel te verklap, ontbloot die storie leefstyle, ontsnappingstegnieke, aktiwiteite vir ontspanning en die intrige van verhoudings om persoonlike doelwitte te bereik. Die tragedie lê in die tweestryd tussen binne en buite. Hoe gemaak as jy uit is? As jy nie meer gewoond is aan dit wat buite is nie, bly daar net ’n paar opsies oor.

  • Die laaste ontsnapping deur Stefaans Coetzee en Annerle Barnard.
  • Met André Odendaal, JJ Roberts, Phillru van Achterberg, Donoven Pietersen, Mortimer Williams en Cassius Davids.
  • Eddie de Jager het die regie behartig.
  • Donderdagaand 19 Junie om 8 uur op RSG of rsg.co.za asook op potgooi na afloop van die uitsending en op Spotify.

The post Persverklaring: RSG Radioteater, Die laaste ontsnapping op Donderdagaand 19 Junie om 20:00 first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: RSG Radioteater, <i>Die laaste ontsnapping</i> op Donderdagaand 19 Junie om 20:00 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21983


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>