
https://www.uj.ac.za/
Die UJ-pryse word toegeken aan uitnemende tekste in enige genre wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en in die vorige kalenderjaar verskyn het. Die pryse is in 2001 vir die eerste maal toegeken, toe as die RAU Mardene Maraisprys: die gevolg van die inisiatief en skenking van Fanie Marais van Cordis Trust. Sedert 2005, met die stigting van die Universiteit van Johannesburg, staan die pryse bekend as die UJ-pryse vir Afrikaans.
Sewe-en-veertig inskrywings is ontvang van boeke wat in 2024 gepubliseer is, met dertien hiervan debuutpublikasies. Genres soos romans, digbundels, kortverhaalbundels, memoirs en niefiksie is voorgelê. Geen dramatekste is ingeskryf nie, en net twee bundels kortverhale en ses digbundels.
Die boeke wat deur die beoordelaars uitgesonder is vir die kortlys van die 2025 UJ-debuutprys, alfabeties volgens outeur, is:
- Amma deur Charmaine Africa (Tafelberg)
- Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks (Kwela)
Die kortlys vir die 2025 UJ-prys, alfabeties volgens outeur, is:
- Kinderlê – Lynthia Julius (Queillerie)
- Ek en jy bestaan nie – Danie Marais (Tafelberg)
- Onrus op Steynshoop – Ingrid Winterbach (Human & Rousseau)
Van harte geluk aan die skrywers en uitgewers!
Die beoordelaars vir die 2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans, is Earl Basson (KSUT), Bibi Burger (UK), Karen de Wet (UJ, voorsitter), Mercy Kannemeyer (UJ) en Janien Linde (NWU).
Die beoordelaars vir die 2025-UJ-prys vir Afrikaans is Earl Basson (KSUT), Karen de Wet (UJ, voorsitter), Mercy Kannemeyer (UJ), Janien Linde (NWU), en Ronelda Kamfer.
Die aankondiging van die wenners word binnekort verwag.
Lees ook:
Gaireyah Fredericks vertel oor die bekendstelling van haar boek Een voet innie kabr
Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Die poppe sal dans: ’n resensie van Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach
The post Persverklaring: kortlyste van die 2025-UJ-pryse vir Afrikaans aangekondig first appeared on LitNet.
The post Persverklaring: kortlyste van die 2025-UJ-pryse vir Afrikaans aangekondig appeared first on LitNet.