Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21652

Persverklaring: Vlooi en die speelgoedkis by die Kunstekaap

$
0
0

Vlooi is terug op die planke. Hierdie keer groter en beter as die afgelope 24 jaar.  Vlooi gaan vir die eerste keer in die Operahuis kuier!

Vlooi en die speelgoedkis beloof om ’n kleurvolle avontuur te wees. As die towersleutel begin gloei beland Vlooi, Biebie en Wilma in ’n kasteel wat deur ‘n rot besit word! Nie sommer enige rot nie, nee, ’n selfsugtige rotprinses met die naam van Rottina. Hulle pad kruis ook met Jack wat gereeld uit sy kissie spring en dan die bliksoldaatjie, Sersant Sollie. Daar is probleme, maar geen probleem is te groot vir Vlooi en sy maats nie. 

Daar is soos altyd hope gehoordeelname in die produksie en die leerders kry geleentheid om saam te sing, te dans en te help dat die avontuur ‘n sukses is. Dit bly ‘n hoogtepunt op elke leerder in die grondslagfase se jaarkalender.

Die produksie het reeds twee Fleur du Cap-toekennings ontvang, en is vanjaar weer vir hierdie gesogte toekenning genomineer.

Tracey Saunders van die Fleur du Cap-paneel het na haar besoek verlede jaar die volgende op sosiale media gedeel:

Ek het nog altyd gewonder hoe dit moet wees om ’n Taylor Swift-konsert by te woon. Maar nie nou meer nie … Die gehoor by die Kunstekaap-teatersentrum was rasend van opgewondenheid oor Vlooi en sy maats wat deur Parys en Antieke Rome toer op soek na die Olimpiese vlam. Die groot vreugde in die teater vandag was genoeg om enige pyn te verlig. Watter ervaring! Daar is ’n spesiale plek in die hemel vir mense wat kinderteater doen. Dankie, dankie en nogmaals dankie.

Daar is elke dag twee vertonings om 09:30 en 11:00 by die Kunstekaap in die Operahuis.

  • Datums vir die Afrikaanse vertonings:  5 tot 8 en 11 Augustus 2025
  • Datums vir die Engelse vertonings: 12 – 15 Augustus 2025       

Blokbesprekings van 10 of meer is R80 per persoon.

Enkelkaartjies is R100 per persoon. 

Skakel 071 688 3033 vir besprekings of stuur ’n e-pos na marinda.vlooi@gmail.com.

The post Persverklaring: Vlooi en die speelgoedkis by die Kunstekaap first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: <em>Vlooi en die speelgoedkis</em> by die Kunstekaap appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21652

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>