Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21697

Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met die kunstenaar Jotam Schoeman

$
0
0

https://jotamschoeman.art/

Jotam Schoeman is die illustreerder van Die stories van Afrikaans. Hy praat met Naomi Meyer oor sy agtergrond, sy kuns en sy betrokkenheid by die program.

Jotam, enigeen wat na Die stories van Afrikaans op kykNET kyk, sal onmiddellik aan jou illustrasies dink. Wie is jy en wat is jou agtergrond?

Hallo, ek is Jotam Schoeman, kunstenaar wat spesialiseer in sketse. Grootgeword in Pretoria, woon tans op die voet van Helderberg, Somerset-Wes. 

Prent: verskaf (https://www.dstv.com/kyknet/af-za/program/die-stories-van-afrikaans)

Ingeval iemand hier lees wat nog nie na die program Die stories van Afrikaans gekyk het nie: Wat was jou opdrag en wat moet jy vir elke episode teken of skryf? 

Ons is tans nog in produksie, so ek skryf in die teenwoordige tyd: Frankie (regisseur) en PJ (fotografieregisseur) se visie vir ’n ontwikkelende skets op die skerm soos die verteller die stories weergee is aan my oorgedra. Elke episode het vyf Afrikaanse woorde wat ek uitskets en ’n handjievol portrette en tonele van karakters in hierdie verhaal. Hier en daar ’n kaart of twee.

Watter medium of media gebruik jy om die illustrasies te doen? En ook prakties: Hoe doen jy dit en met watter toerusting?

Ek het al die elemente digitaal geteken. Daardeur kan ek elke merk wat die stilus skep, opneem in ’n timelapse. Vir elke skets sal ek twee of drie timelapses opmekaar stapel om die gewenste effek te kry. Ek gebruik ’n Mac Studio, ’n klein Wacom-tablet en Adobe se Creative Suite. 

Prent: verskaf (https://www.dstv.com/kyknet/af-za/program/die-stories-van-afrikaans)

Ons almal se manier van kyk en doen en leef is nou al so baie deur die tegnologie beïnvloed dat ek moet vra: Watter aspekte van wat mens op die skerm sien, het jy self gedoen? Watter aspekte is rekenaar-geassisteer? 

Elke tekening is met die hand geskep. In my ateljee sit en kyk ek na ’n skerm, loodreg voor my, en plat op my lessenaar is ’n tablet met ’n swart matt-oppervlakte. Daarop teken ek direk in ’n program in wat die ontwikkeling kan opneem. Die tekeninge wat so gelyk verskyn, is saamgesit op die rekenaar op ’n papiertekstuur. Die rekenaar het meestal gehelp om tonele soos ’n collage vooraf te beplan, en om komposisies gereed te kry. Dit was ook deurslaggewend om ’n ewebeeld in die portrette te kry.

Wat was vir jou die lekkerste deel van die projek en watter van die sketse was die moeilikste?

Die 40+ portrette was die lekkerste. Die moeilikste tegnies is die tonele. Maar fisies is die moeilikste aspek om pas te hou met die hoeveelheid werk wat dit is. Ons is meer as ses maande besig en nou in die laaste weke piek die werkslading, soos dit maar doen. Om myself toegewyd en gereed te hou vir elke dag se tempo, vergroot my kapasiteit vir produktiwiteit. Maar dit is nie maklik nie. 

Prent: verskaf (https://www.dstv.com/kyknet/af-za/program/die-stories-van-afrikaans)

6. Watter prente het jy as bronmateriaal ontvang waarvandaan jy moes werk? Was dit ook sketse, foto’s of iets anders? Hoe maak mens iets nuuts daaruit of hoe skep jy in ander gevalle prente uit beelde van lank gelede? Dit voel of ek vir jou ’n vraag probeer vra asof ek met ’n vertaler praat en wonder oor of jy baie sterk fokus op die bronteks en of jy eintlik probeer interpreteer vir vandag se lesers / kykers.

’n Verskeidenheid foto’s, skilderye en sketse het ek ontvang en mee gewerk. Gereeld het ek klassieke verwysings gebruik, maar opnuut oorgeskets. So, om hulde te bring aan hierdie erfenis. Maar ek weet nie noodwendig presies hoe elke toneel, woord of portret afspeel in die storie wat die vervaardigers besig is om aanmekaar te weef nie. Daarvoor vertrou ek Frankie se visie en hom om soos ’n dirigent net dele aan my oor te dra wat sal bydra tot die kyker se vermaak as dit geskets word. 

Waar kan mense na nog meer van jou kuns kyk?

Hierdie vraag herinner my om my sosiale media-profiel meer op datum te hou. @jotamschoeman.art op Instagram en Facebook. Registreer vir die nuusbrief op www.jotamschoeman.art.

Lees ook:

Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met Danie Marais

Persverklaring: Die stories van Afrikaans: Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans

The post Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met die kunstenaar Jotam Schoeman first appeared on LitNet.

The post <em>Die stories van Afrikaans</em> op kykNET: ’n onderhoud met die kunstenaar Jotam Schoeman appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21697

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>